20 jaar gelede
Maandag 16 Julie 2001
- Air Namibia het sy enigste aandeelhouer, die Namibiese Regering, in die duister gehou oor die meeste van sy kritieke planne wat tot verliese van miljoene dollars gely het.
- ’n Stil skoolseun van Jan Möhr, Burton van Rooi, het met skitterende boulwerk Namibië byna eiehandig tot in die superliga van wêreldkrieket gelanseer.
- Air Namibia se internasionale aansien as nasionale lugredery lê aan skerwe met verleentheid wat teen die hoogste Namibiese regeringsvlakke saampak.
Dinsdag 17 Julie 2001
- ’n Nuwe streeknaam is een van verskeie voorstelle om toerisme te bemark in die gebied waar die internasionale grense van Namibië, Botswana, Zambië en Zimbabwe ontmoet.
- Probleme met elektrisiteitsvoorsiening uit Suid-Afrika weens herstelwerk aan die Koeberg-kernkragsentrale by Kaapstad het NamPower genoodsaak om die Von Eck termiese kragsentrale in Windhoek aan te skakel.
- Probleme met muntstukmasjiene vir die koop van vooruitbetaalde elektrisiteit by die Windhoekse munisipaliteit het tot gevolg gehad dat dit vervang moet word deur masjiene wat met banknote werk.
Woensdag 18 Julie 2001
- Duitsland wag vir ’n formele versoek van die Namibiese Regering voor begin kan word om tegniese bystand met die grondhervormingsproses in die land te verleen.
- Die ekonomiese slagaar van Namibië is vanoggend op twee afsonderlike en dramatiese vergaderings van die instellings wat lug-, spoor- en padvervoer reël, Air Namibia en TransNamib, op die hoogste regeringsvlakke in stormwater.
- ’n Brand agter die Windhoekse begraafplaas het gister tot die opsporing van tientalle 7,62 mm en 9 mm patrone gelei.
Donderdag 19 Julie 2001
- ’n Sondagskool-onderwyser van Walvisbaai aan wie minderjariges toevertrou was, sal op 5 September in die Hooggeregshof in Windhoek teregstaan op nege aanklagte van verkragting.
- Elke inwoner wat op die aand van 27 Augustus tot die volgende oggend in Namibië is, sal deur sensusopnemers regoor die land getel word.
- Pogings om gemoedere tussen die nagenoeg 500 inwoners van die plakkerskamp naby Omitara en boere van die omgewing te kalmeer, is sedert die einde van April aan die gang.
Vrydag 20 Julie 2001
- Air Namibia gaan binne dae aan ’n hoëvlak-ondersoek onderwerp word.
- Die rekordboeke van die Weerkantoor in Windhoek kan vandag herskryf word.
- ’n Helde-ontvangs het gister op die Namibiese krieketspan gewag toe nagenoeg honderd familielede en ondersteuners hulle op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ingewag het.
- Rehoboth se geldsake is deurmekaar en presies hoe haglik die finansiële- en bestuur- situasie van die dorp is, blyk uit ’n verslag van die bestuurspan wat op 26 April deur die Minister van Streeks en Plaaslike Regering en Behuising aangestel is nadat die dorpsraad ontbind het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie