20 Jaar gelede
20 Jaar gelede

20 Jaar gelede

Karin Eloff
Maandag 9 Februarie 1998

- Swabou verlaag sy prima-verbandkoers van 1 Maart met 0,5 persent en neem daarmee die voortou onder finansiële instellings in wat oor die algemeen ’n jaar van goedkoper geld aan leners voorspel.

- Dit is van uiterste belang dat begrip oor die Grondwet by Namibiërs gekweek word, want as inwoners van die land die Grondwet ken, is dit onwaarskynlik dat hulle pionne sal word in die hande van diegene wat hulle wil uitbuit vir eie belang.

- Die Namibiese minerale-maatskappy, NamCo, het gister amptelik begin met die ontginning van diamante op die Atlantiese seebodem in ’n konsessiegebied noordwes van Lüderitz.



Dinsdag 10 Februarie 1998

- Die tweede geregtelike ondersoek na die dood van die Swapo-aktivis, adv. Anton Lubowski, het gister op dramatiese wyse in die Hoërhof begin toe nie een van die vyf Suid-Afrikaners wat gedagvaar is om te getuig vir die verhoor opgedaag het nie.

- Grondwetdag is gister herdenk midde ’n storm oor gerugte van moontlike wysigings of selfs die skrapping van die Namibiese grondwet wat voortwoed.

- Ernstige omstredenheid omhul die wyse waarop die NBC eensklaps die daaglikse oorsig van die belangrikste berigte wat in die koerante verskyn het van sy programskedule geskraap het.

Woensdag 11 Februarie 1998

- Die tweede geregtelike ondersoek na die moord op Anton Lubowski het Maandag in die Hoërhof begin. Die verrigtinge is ingelei met die verskyning van mnr. Hannes Smith, redakteur van die Windhoek Observer wat beweer dat hy oor dokumente beskik wat plofbare inligting oor die Lubowski-moord bevat.

- Die soveelste vergadering van die bewaringskomitee op Rehoboth wat hom oor die lot van die kameeldoringbome in die woud naby die dorp ontferm, het gister sonder die teenwoordigheid van ’n dorpraad-afvaardiging plaasgevind.

- ’n Namibiese parlementêre besoek aan Duitsland wat gisteroggend met ’n persoonlike ontmoeting met president Roman Hertzog by sy ampswoning in Berlyn afgeskop het, is nog een van die voortdurende stappe in die aanhoudende verstewiging van die Namibiese parlementêre demokrasie.

Donderdag 12 Februarie 1998

- Die enigste manier om die demokrasie te bou en te versterk is om die mense van die land sover te kry om die hoogste landswet te waardeer en van waarde te kan ag.

- ’n Omgewingsimpakstudie en ’n tegniese en ekonomiese gangbaarheidstudie wat teen Augustus voltooi moet wees, sal bepaal of met die Kudu-gasprojek voortgegaan gaan word.

- ’n Belangwekkende aankondiging deur die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, oor die gelddispuut tussen Namibië en sy vennote in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) word eersdaags verwag.



Vrydag 13 Februarie 1998

- Die gemeenskap van Rehoboth is in rou gedompel ná die dood gisteroggend van die Baster-leier en politieke strydros van Namibië, Kaptein Hans Diergaardt.

- Die naam “Martin Henning” is gister vir die eerste keer in verband met die moord van adv. Anton Lubowski genoem nadat dit vroeër vandeesweek as ’n nota aan die dienende regter in die Hoërhof gegee is in die ondersoek na die sluipmoord van byna agt jaar gelede.

- ’n Tweede Botswana militêre magsopbou met die hulp van ’n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) het in ’n muur van Duitse-verset vasgeloop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!