20 jaar gelede
Maandag 20 September 1999
- Mense wat hulle skuldig maak aan gerieflikheidshuwelike gaan dit in die toekoms moeilik vind om Namibiese burgerskap te verwerf.
- Die Ministerie van die Streeks- en Plaaslike Owerheid en Behuising en die Hambukushu-gemeenskap in die Mukwe-distrik van Kavango is ‘n in ‘n bittere stryd om die opperhoofskap gewikkel.
- Die Ministerie van Basiese Onderwys en Kultuur het vandalisme en sabotasie van sy eiendomme deur onbekende elemente wat teen sukses, ontwikkeling en vooruitgang in die onderwys gekant is, in die sterks-moontlike terme veroordeel.
Dinsdag 21 September 1999
- ‘n Opstand tussen houtkerwers op Okahandja het gister gewelddadige afmetings afgeneem waarin geen ontsag vir die streekkommissaris van die Khomasstreek, brigadier Egbert Shikerete, en die bevelvoerder van die plaaslike polisie, inspekteur Salome Myburgh, getoon is nie.
- Mnr. Slysken Makando, prokureur van die 23 vermeende Caprivi-rebelle wie se borgaansoeke vandeesweek in die streekhof op Grootfontein dien, is ná die eerste dag se hofverrigtinge vol hoop dat sy nie kliënte nie Kersfees in die tronk sal deurbring nie.
- Sowat 80 persent van plaastelefoonlyne in die distrik Otjiwarongo is uitgefaseer en met outomatiese telephone vervang.
Woensdag 22 September 1999
- Kinders so jonk as ses jaar word in Windhoek vir seksuele dade deur gewetenlose Namibiërs gebruik.
- Agt kinders, onder wie ses van ‘n enkele gesin, het ten aanskoue van hul moeders by die Ohundunure-nedersetting naby Opuwo versmoor.
- Ondanks die regering se aanspraak dat hy die openbare sektor in die afgelope sewe jaar verklein het, toon syfers Namibië is verhoudingsgewys steeds een van die lande met die grootste staatsdiens ter wêreld.
Donderdag 23 September 1999
- Altesame 21 van die 23 Capriviane wat vandeesweek in die streekhof op Grootfontein aansoek gedoen het, was glo uitvoerende lede van die Caprivi Liberation Army.
- Namibië kom met vlieënde vaandels uit ‘n verslag wat vrygestel is ná ‘n ondersoek na godsdiensvryheid wat deur die Buro vir Demokrasie, Menseregte en Arbeid in Washington gedoen is.
- Die lot van die nege beweerde Caprivi-rebelle in aanhouding in Botswana is nog in die weegskaal.
Vrydag 24 September 1999
- Die takbevelvoerder van die Polisie se Diamanteenheid op Lüderitz en twee van sy kollegas het in die landdroshof op die kusdorp verskyn in verband met die beweerde diefstal van ongeslypte diamante ter waarde van nagenoeg N$200 000.
- Nog miljoene dollars moet rol om die Wit Olifant as versperring van die Trans-Kalahari-hoofweg te kry – wat ‘n goue skakel in die Walvisbaai-korridor moes wees, is tot dusver die teleurstelling van die dekade met net sowat een derde van die verwagte verkeersvloei wat daarlangs gaan.
- Regeringsbiblioteke en argiewe in Namibië is in ‘n toestand van verval wat ‘n ernstige gevaar vir die bewaring van onvervangbare nasionale bates inhou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie