20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 16 April 2001

- Paas Maandag

Dinsdag 17 April 2001

- Paasgangers het deur modder op seepgladde paaie en strate aangekruie toe fratsweer Sondag vir duisende besoekers aan die kusdorpe ’n einde aan ’n uitspannaweek gebring het.

- ’n Paasnaweek waarin ongelukke en misdaad hoogty gevier het, het Donderdagoggend reeds op ’n dramatiese noot begin deurdat ’n ligte vliegtuig met ses mense aan boord neergestort het.

- Die vertraging van ’n Air Namibia-vlug uit Angola die naweek met byna ’n dag, het meegebring dat passasiers gister op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ’n petisie onderteken het toe dit ’n vlug na Kaapstad met vier uur vertraag het.

- Gebruiklike ondersoeke het die naweek voortgeduur na ’n motorongeluk waarin twee bekende Swakopmunders, mnr. en mev. Siggie Kessler, gesterf het en waarin Harry Simon, Namibië se wêreldbokskampioen, ook betrokke was.

Woensdag 18 April 2001

- Ná maande van weersprekende Namibiese ministeriële weergawes oor die land se berugte diamantmyn in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), het ’n gesaghebbende VVO-verslag dit opnuut in omstredenheid gedompel.

- Die blaam vir Air Namibia se haglike finansiële toestand is gister op ’n spesiale vergadering van die parlementêre komitee oor ekonomie voor die deur van die vorige bestuurspan en die Kabinet gelê.

- Dramatiese oomblikke het hulle Saterdag aan boord van Air Namibia se Boeing 737 op die aanloopbaan van Luanda in Angola afgespeel toe rookwolke van vermoedelik ’n elektriese brand die kajuit binnegesypel het en die vlieëniers die passasiers by die nooddeure laat uitgaan het.

Donderdag 19 April 2001

- Die Namibiese boksheld, Harry Simon, sal binnekort in die hof op Swakopmund op aanklag van strafbare manslag verskyn, nadat hy kort voor Paasnaweek in ’n gru-botsing net buite die kusdorp betrokke was waarin twee mense doodgebrand het.

- Die studenteraad (SRC) van die Universiteit van Namibië (Unam) is ná wekelange onmin op die Windhoekkampus gister op dramatiese wyse onttroon.

- Uiteenlopende reaksie is gister ontvang op die VVO-verslag oor die plundering van natuurlike bronne in die DRK.

Vrydag 20 April 2001

- ’n Reddingsaksie op die hoogste vlak gaan geloods word om Air Namibia weer ’n nasionale bate te maak.

- Die Namibiese Regering het gister ten sterkste ontken dat hy saam met ondersteuners van die voormalige diktator in die Kongo, Mobutu Sese Seko, beplan om die regering van pres. Joseph Kabila in die DRK omvêr te werp.

- Air Namibia se geskeduleerde buitelandse vlugte is sedert gisteroggend terug na normaal met die lugredery se Boeing 747-400 Combi wat diens hervat nadat ’n lekkasie in ’n brandstoftenk in Amsterdam herstel moes word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!