20 Jaar Gelede
Maandag 25 Mei 1998 - Afrikadag
Dinsdag 26 Mei 1998
- Die Namibiese regering bevind hom opnuut in internasionale stormwaters ná die inhegtenisneming, aanhouding en “geheimsinnige” deportasie van ’n Angolese menseregteleier ondanks ’n bevel tot die teendeel deur die Windhoekse Hoërhof.
- ’n Britse oorlogskip, die HMS Cornwall, moes verlede Donderdag ’n Namibiese visserman van ’n vissersboot in die diepsee oppik nadat hy ernstig begin siek word het en gevorderde mediese behandeling benodig het.
- Duisende besoekers het reeds sedert die opening van Expo ’98 hier belangstelling in die Namibiese uitstalling by die laaste wêreldskou van die millennium getoon en dit is veral die Namibiese see en duine aan die kus wat ’n groot aantrekkingskrag vir besoekers aan Expo ’98 blyk te wees.
- ’n Verbete poging word nou aangewend om die multi-miljoen dollar tamatieverwerkingsaanleg op Tsumeb, wat reeds drie jaar sukkel om op die been te kom, in werking te stel.
Woensdag 27 Mei 1998
- Dr. Manuel Neto, die Angolese menseregteleier en politieke vlugteling wat op Namibiese bodem in hegtenis geneem en aan die MPLA-owerhede in Luanda uitgelewer is, was die slagoffer van spioenasie-samewerking tussen dié twee lande en ’n komplot op die hoogste vlakke om Angolese andersdenkendes se monde te snoer.
- Die sluiting van TCL-myne het reeds sy tol in skole op Tsumeb begin eis. Meer as 130 kinders van ouers wat by TCL werksaam was, het gister nie by skole op die dorp opgedaag nie.
- Die jarelange dispuut oor tradisionele grond van ’n Namastam in Damaraland het opnuut opgevlam.
Donderdag 28 Mei 1998
- Die regering het gister amptelik toegetree tot die wapen- en militêre vervaardigingsbedryf met die koop van ’n plaaslike fabriek wat hom toespits op die bou van mynwerende gevegsvoertuie en mynveërs. Windhoeker Maschinenfabrik (WMF) is vir ’n bedrag van N$15 miljoen deur die Ministerie van Verdediging gekoop.
- Met internasionale druk wat steeds oplaai teen die Namibiese regering oor die arrestasie en deportasie van die Angolese menseregteleier, dr. Manuel Neto, het die regering gister ná agt dae van stilswye besluit om ’n kort en niksseggende verklaring uit te reik.
- Vier bykomende uitbreidings sal in Katutura ontwikkel en munisipale dienste kry om verskeie onwettige plakkers by die Katutura-enkelkwartiere te hervestig sodat die opknapping van die enkelkwartiere soos beplan in die volgende twee maande afgehandel kan word.
Vrydag 29 Mei 1998
- Salarisverhogings van tussen vyf en twaalf present tree van Maandag af vir Namibië se meer as 70 000 staatsamptenare in werking.
- Die private lugredery, Kalahari Express Airlines, het gister sy personeel in ’n bondel afgedank.
- Met die uitbetaling van ongeveer N$38 miljoen aan voormalige werkers is nog ’n hoofstuk van die TCL-bankrotskap gister afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie