20 jaar gelede . . .
20 jaar gelede . . .

20 jaar gelede . . .

Maandag 25 Oktober 1999

- Die likwidateurs in die TCL-saak soek nuwe kopers vir die bates van die myn.

- Namibië is met die koop van die Boeing 747-300 Combi interkontinentale vliegtuig en twee Fokker 18 kleiner streeksvliegtuie op die drumpel van die volle benutting van die toerisme- en sakereispotensiaal wat beskikbaar is.

- Die Swapo-enjin wat die verkiesingstrein moet trek, het die naweek byna doodgeruk toe leiers in die topposisies teen Saterdagnag nog nie hul kandidatelys vir die komende verkiesing kon aankondig nie.

Dinsdag 26 Oktober 1999

- Sondagmiddag se Springbok-sege oor Engeland in die Wêreldbekerreeks het gistermiddag vir Tsumeb tot stilstand gebring toe drie kaalnaelers in die hoofstraat afgesuiker het as straf vir hul gebrek aan patriotisme teenoor die Groen en Goud.

- ‘n Beserker wat Sondagmiddag minstens een man in ‘n straat in Windhoek doodgeskiet het en nog een gewond het, is steeds op vrye voet en die polisie het gewaarsku da thy enige oomblik op enige plek weer kan toeslaan.

- Met die sperdatum vir politieke partye om hul hul kandidatelyste sowel as presidensiële candidate vandag by die Direktoraat van Verkiesings en die Hoërhof in te dien, is geskarrel om die lyste af te handel.

Woensdag 27 Oktober 1999

- Die komende verkiesingsveldtog kan lei tot die openbaarmaking van die bes bewaarde politieke geheime en van Swapo se ernstigste verleenthede die afgelope 35 jaar.

- Namibië se derde algemene en presidensiële verkiesing is amptelik onderweg deurdat agt politieke partye hulle gister in Windhoek aan die gedragskode vir partye onderwerp het.

- Net vier presidensiële kandidate gaan in die komende verkiesing meeding deurdat die leier van die Demokratiese Koalisie van Namibië (DCN), mnr. Moses Katjiuongua, gister die spreekwoordelike bus verpas het deur nie sy aansoek teen die afsnytyd in te dien nie.

Donderdag 28 Oktober 1999

- Die flaterparade van die afgelope agt maande wat die TCL-transaksie verlede Vrydag vir die soveelste keer doodgeruk het, behoort met regstreekse finansiële bystand deur die regering reggestel te word.

- ‘n Vooraanstaande lid van Swapo se politburo en Adjunk-minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie, mnr. Siegfried Wohler, sê die optrede van die Windhoekse verkeerspolisie onder leiding van mnr. Eliphas !Owos-Oab is ‘n doelbewuste poging om die inwoners van Rehoboth met die oog op die komende verkiesings teen die regering die harnas in te jaag.

- Swakopmund se sakelui sidder op die drumpel van voorspoed en rampspoed met ‘n beweerde syfer van 200 000 besoekers wat vir die millenniumvieringe op Namibië en die kusgebied gaan toesak.

Vrydag 29 Oktober 1999

- ‘n Duitse burger wat die Namibiese modewêreld skynbaar met die opening van ‘n eksklusiewe modemark sou betree, is gister in Windhoek in hegtenis geneem en weens beweerde onwettige sakebedrywighede in die buiteland aan die polisie in Duitsland uitgelewer.

- Lüderitzz se droom van ekonomiese oplewing het gister ‘n treetjie nader aan verwerkliking gekom deurdat pres. Sam Nujoma die Regering se seën amptelik oor die dorp se waterkantontwikkeling bevestig het met ‘n staatsbydrae van N$22 miljoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!