20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 28 Februarie 2000

- In ’n naweek van geweld op die grens tussen Namibië en Angola is drie Namibiese lewens in hinderlae op die “Golden Highway” tussen Rundu en Katima Mulilo geëis, terwyl ’n jong seun na bewering deur Unita-rebelle na Angola ontvoer is.

- Bloedskade aan oeste in Suider-Afrika weens die gietende reën van die afgelope weke is besig om erg aan die sakke van Namibërs te raak.

- ’n Landmyn is gister deur ’n voertuig op die ‘Golden Highway’ afgetrap en drie Namibiërs is in die voorval beseer.



Dinsdag 29 Februarie 2000

- Waarskuwings van swaar reën wat nog tot Woensdag oor die Khomas- en Hardapstreek gaan voorkom, het gister van die Windhoekse Weerburo gekom.

- ’n Sterk moontlikheid bestaan dat Namibiërs, in teenstelling met hul Suid-Afrikaanse bure, ’n “doodskoot-begroting” moet verwag.

- Die Namibiese groep Ongopolo Mining and Processing het gister in Windhoek goedkeuring ontvang om die myne van die gelikwideerde Tsumeb Corporation Limited (TCL) weer in werking te stel.

Woensdag 1 Maart 2000

- Inwoners van Mariental se pas oorstroomde dele het gister voorsorgmaatreëls begin tref in afwagting op ’n moontlike tweede vloed.

- Ligte mis, motreën en plek-plek swaarder buie van tot 100 mm in die opvanggebied van die Hardapdam het gister oor die omgewing van Windhoek tot Maltahöhe en die Namib voorgekom.

- Onmin oor die tydelike skorsing van die vise-president van die Politegnikum van Namibië se verteenwoordigende studenteraad (SRC) het gisteroggend tot ’n staking en optog by die instelling gelei.

Donderdag 2 Maart 2000

- Namibiërs is in die greep van moontlike tekorte aan noodsaaklike lewensmiddele uit Suid-Afrika met vragmotors en treine wat deur ’n vloedgeteisterde Mariental op hul noordwaartse tog tot stilstand gedwing is.

- Die ontwrigtende optrede van tien persent van die sowat 4 000 studente van die Politegnikum van Namibië kan regstappe tot gevolg hê.

- Die lankverwagte wetsontwerp op Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) word op 14 Maart met die nodige wysigings in die Parlement ter tafel gelê.

Vrydag 3 Maart 2000

- “Sê tog vir die mense van Namibië hulle moet vir ons bid en ons help!” is die noodkreet van een van die inwoners van Mariental wat Woensdag vir die tweede keer in twee weke moes sien hoe vloedwaters deur hul huise, winkels en strate stroom.

- Ai-Ais se personeel het hulle gistermiddag gereed gemaak vir ’n tweede vloed wat die kamp na verwagting in die nag sou bereik.

- Lütherse kerke in Namiië het hulle eenparig by ander Christengroepe en organisasies geskaar in pleidooie om ’n onderhandelde vrede vir Angola.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!