20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 15 Februarie 1999

- Alle veiligheidsmasjinerie is vandag op Caprivi gefokus waar ’n massaprotesaksie gereël word om saam te val met die Den Haag-hofsaak oor die status van die Kasikili-eiland en politieke asiel wat verlede week aan lede van ’n vermeende afstigtingsbeweging toegestaan is.

- Hoeveel die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo die Namibiese belastingbetaler kos, sal seker tot in lengte van dae ’n geheim bly.

- Geldskieters in Namibië wat die woekerwet oortree, gaan vanjaar kortgevat word.



Dinsdag 16 Februarie 1999

- Die Wêreldhof moet Namibië beskerm teen ’n oorlogsugtige Botswana wat die Kasikili-eilandgeskil in die Chobe-rivier gebruik om uiteindelik op die hele Caprivi aanspraak te maak.

- Die stof het nog nie gaan lê nie rondom die oortydvergoeding van brandweermanne vir die tyd wat hulle ingevolge hul werkooreenkoms nie fisiek enige werk verrig nie, maar op “onaktiewe” bystand is.

- ’n Spesiale Raad van Ondersoek teen ’n opperoffisier van die Namibiese Polisie wat aangekla word van 175 gevalle van diefstal, het blykbaar weer vasgeval.



Woensdag 17 Februarie 1999

- Die Mafwe-betoging wat vir môre op Katima Mulilo beplan is, het gister teen die verset van die Swapo-beheerde dorpsraad vasgeloop.

- Een van die grootste finansiële instellings in Suid-Afrika het bande met die Michelle McLean-kindertrust (MMCT) gesmee om formele strukture en dienste aan die persoonlike mikroleningsmark in Namibië te bied.

- Groot klem sal vanjaar in die Nasionale Vergadering op misdaadbekamping gelê word.



Donderdag 18 Februarie 1999

- ’n Toename in hawelose kinders neem ernstiger afmetinge aan.

- Eerste Nasionale Bank se tak by die Ausspannplatz in Windhoek het reeds sowat N$1, 1 miljoen aan die Amerikaanse Ambassade terugbetaal nadat ’n werker by dié tak na bewering onregmatig geld uit dié rekening onttrek het.

- Pogings van die Swapo-beheerde dorspraad van Katima Mulilo om gemoedere te kalmeer deur ’n Mafwe-betoging te verbied, is die lont wat die reeds gelaaide atmosfeer in Caprivi tot plofpunte kan dryf.

Vrydag 19 Februarie 1999

- Namibiese verbruikers sal eersdaags weer die hand dieper in die sak moet steek wanneer die invloed van die Suid-Afrikaanse verhoging van aksynsheffings Namibië tref.

- Die dood van nog twee Namibiese soldate in die Demokratiese Republiek van Kongo is gister aangekondig in wat blyk militêre ongevalle te wees spruitend uit ’n verskerpte offensief deur Kongolese rebelle op die gebied rondom Kisangani.

Dit is nie die gevreesde Spaanse Armada van ouds nie, maar Namibië word vandag binnegeval deur ’n Spaanse afvaardiging van ’n heel ander en beslis meer

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!