20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 8 Maart 1999

- President Sam Nujoma het Saterdag sy slag op die sportveld gewys toe hy stof in die oë van verskeie senior burgers geskop het deur die tweede plek in ‘n pretdraf ter viering van Internasionale Vrouedag te verower.

- Die grootste enkele arbeids- en opleidingsinisiatief nog in Namibië, die Ontwikkelingsbrigade Korporasie (DBC), is bankrot.

- Beweerde intimidasie van vlugtelinge wat voornemens is om uit Botswana na Namibië terug te keer, kan vandeesweek op die staatshoofde se sakelys beland wanneer President Sam Nujoma op ‘n ampsbesoek na dié buurland vertrek.

Dinsdag 9 Maart 1999

- ‘n Waterkrisis die afgelope maand met sleg en stink water wat aan Windhoek gelewer is, het inwoners opnuut van die waarde van dié kosbare bron van Namibië bewus gemaak.

- ‘n Magdom van tegniese en regsgeskille oor Namibië se suidelike grens met Suid-Afrika en die maritieme grens tussen die twee lande wag op Namibië se regspanne wat steeds in Den Haag is vir die afronding van die Wêreldhof-verhoor oor die Kasikili-grensdispuut.

- Die Kudu-gasveld en opwindende nuwe bevindinge oor die voorkoms van olie in die omgewing van die Etosha Nasionale Park gaan Namibië se vernaamste lokaas vir buitelandse beleggers wees wanneer dié land in April as die gasheer vir die vierde Kongres oor Olie- en Gashandel in Afrika optree.

Woensdag 10 Maart 1999

- Personeel van TransNamib moes Maandag deur die nag werk om twee treinspore tussen Keetmanshoop, Aus en Karasburg te herstel na hewige stortbuie wat in daardie gebied voorgekom het.

- Indien ‘n mosie van die DTA van Namibië in die Nasionale Vergadering slaag, kan die bedrag van die maatskaplike pensioen vir bejaardes eersdaags van N$160 na N$500 verhoog word.

- Aantygings van intimidasie en die begeerte van ‘n groot groep Namibiërs om na hul vaderland terug te keer, is gister met die aankoms van die eerste groep van vyf Namibiërs van die Dukwe-vlugtelingkamp in Botswana op die Lughawe Hosea Kutako teenoor die media bevestig.

Donderdag 11 Maart 1999

- Die veteraan-parlementslid en ‘n grysbaard van die Namibiese politiek, mnr. Moses Katjiuongua, het gister skokgolwe deur die Nasionale Vergadering gestuur toe hy uit die parlement bedank het.

- Die langverwagte standbeeld van die legendariese afgestorwe Herero-opperhoof en vryheidsvegter, Hosea Kutako, is gister voor die parlementsgebou in Windhoek opgerig.

- ‘n Komitee wat aangestel is om veediefstal in die Omaheke-streek tussen Namibië en Botswana te ondersoek, het bevind dat polisie-optrede nie voldoende is nie.

Vrydag 12 Maart 1999

- ‘n Nuwe middel word as ‘n moontlike nekslag vir die gevreesde siekte vigs bestempel, nadat dit deur Suid-Afrikaanse navorsers getoets is.

- Mediese versterkings in die Kavango en Caprivi is vanoggend die owerheidsteenvoeter vir ‘n ernstiger as normale uitbraak van malaria in dié twee noordelike streke.

- Hewige kritiek teen skibote se geweldige vangste dié week naby Vierkantklip weerklink sedert gister op Swakopmund en ‘n beroep op die regering om in te gryp is selfs nie uitgesluit nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!