20 jaar gelede . . .
Maandag 14 Junie 1999
- Namibiese paaie was die afgelope naweek ‘n slagveld met altesaam sewe slagoffers - vyf van een gesin en twee konstabels van die Namibiese polisie – wat in afsonderlike ongelukke met hul lewens moes boet.
- Die DTA gaan alles in die stryd werp om te verhoed dat Pres. Sam Nujoma die land vir ‘n derde termyn regeer.
- Die oprigting op die platteland van tien biogas-aanlegte en twee elektrifiseringseenhede, aangedryf deur fotovoltaïese krag, gaan Namibië vroeg in die nuwe eeu die kontinentale afskopplek van hernieubare krag maak.
Dinsdag 15 Junie 1999
- ‘n Tweede waterherwinningstelsel vir watervoorsiening aan Windhoek gaan weens die strategiese belang van herwinde water teen meer as N$92 miljoen gebou word.
- Midde ‘n dreigende hofsaak oor die Rehoboth-waterkrisis het die Minister van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising, dr. Nicky Iyambo, as bemiddelaar na vore getree.
- Twee Namibiese soldate is die afgelope naweek deur rebellemagte in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) gevange geneem.
Woensdag 16 Junie 1999
- ‘n Onbeplande toename van ses persent in waterverbruik in Windhoek en die sentrale gebied het beplanners genoodsaak om verskerpte besparingsveldtogte van stapel te stuur om te verseker dat verbruikers weer bewus raak van die waterkrisis waarin die stad hom bevind.
- Die Namibië Nasionale Onderwysersvakbond het NamibRail en TransNamib daarvan beskuldig dat hulle weens swak bestuur en selfverryking in die naam van bemagtiging werkers nou weer eens aan die ontvangkant van afdankings laat beland het.
- Die stigma wat aan die boerderysektor kleef dat hy ‘n uitbuiter van werkers is, moet afgeskud word, het mnr. Piet Gous, president van die Namibiese Landbou-unie (NLU), gesê.
Donderdag 17 Junie 1999
- Midde hoëvlak-samesprekinge in Suid-Afrika oor die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het gevegte tussen troepe van die geallieerde magte en die rebelle die afgelope week in felheid toegeneem met nog terugslae vir Namibiese soldate.
- Eensgesindheid oor die hantering van die grondkwessie is deur die DTA-kongres bereik met die Grondwet wat as riglyn gevolg is.
- Tussen nou en die begin van die nuwe millennium gaan die onsekerheid waarin die Namibiese en streeksekonomie gedompel is, nie aansienlik verlig word nie.
Vrydag 18 Junie 1999
- Die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) nader sy einde met staatshoofde betrokke by die konflik wat gister in Pretoria ooreengekom het dat ‘n staakvuurooreenkoms volgende Saterdag in die Zambiese hoofstad, Lusaka, onderteken moet word.
- Sake deur die grenspos van Oshikango tussen Namibië en Angola het tot stilstand gekom as gevolg van die oorlog in die noordelike buurstaat.
- Stakings en nog protesaksies is TransNamib se voorland met ‘n ultimatum van ontevrede werkers wat vandag verstryk.
- Die gruwel van die Spitzkoppe het gister in die landdroshof op Usakos herleef toe drie mans verskyn het in verband met die moord op ‘n Duitse toeris.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie