20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 14 Januarie 2002

- Die buitengewone spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat vandag in Malawi plaasvind sal brandpunte in die streek waaronder die vredesproses in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), die voorslepende oorlog in Angola, die toestand in Zimbabwe en die internasionale oorlog teen terrorisme aanspreek.

- Namibiese paaie het die afgelope naweek weer die lewens van minstens twee mense geëis, wat die dodetal vir die afgelope vakansieseisoen op 41 te staan bring.

- Die finansiering van Namibiese onderwys is steeds ’n kritieke uitdaging ondanks die aansienlike bedrag wat die Regering jaarliks daaraan bestee.

Dinsdag 15 Januarie 2002

- Duitse presiesheid was die naweek ’n sterk kameraad van die polisie in ’n moordondersoek op die plaas Mooirivier in die Otjimbingwe-omgewing waar mnr. Adolf Heidenrich wreed vermoor en sy vrou, Ula, vir dood agtergelaat is.

- Finale besluite oor die ontwikkeling van die Kudu-gasveld aan die Namibiese kus sal teen die einde van die jaar geneem word teen die agtergrond van minstens twee toetsgate wat nou sowat 25 km noord van die bestaande toetsgate geslaan word.

- Die registrasieproses het gister in alle erns by skole begin.

Woensdag 16 Januarie 2002

- Opgehoopte waterskuld van ongeveer N$4 miljoen in die Otjozondjupastreek het tot gevolg dat die watertoevoer na die Waterbergpyplynskema vanaf vandag verminder gaan word.

- Die Ohlthaver en List-groep moes gister weer by die beskuldigdebank inskuif toe ’n groep werkers van Windhoek Schlachterei ’n petisie oor onregverdige behandeling aan die besturende direkteur van die groep oorhandig het.

- Wetstoepassers gaan voortaan by padblokkades op die bedrywighede van onwettige slagplekke, slagplase en abattoirs in Namibië ag slaan.

Donderdag 17 Januarie 2002

- Die burgemeester van Windhoek, mnr. Matheus Shikongo, het gistermiddag op wonderbaarlike wyse die dood vrygespring toe ’n wilde skietgeveg tussen rowers, die polisie, die munisipale polisie en die weermag die hoofstad tot stilstand geruk het.

- Handelsbanke in Namibië was gisteraand oorgehaal in afwagting op ’n aankondiging vandag deur die Bank of Namibia waarmee die repokoers na verwagting met een persentasiepunt verhoog sal word.

- Pogings die afgelope 12 jaar om die Staatsdiens reg te ruk en beter dienslewering te verseker, het vrugte afgewerp.

Vrydag 18 Januarie 2002

- Namibië gaan buitengewone status geniet ingevolge Amerikaanse wetgewing wat nou voorberei word en waarmee die poorte na die reuse-VSA-mark wyer oopgegooi gaan word.

- ’n Volskaalse staking deur akademiese en administratiewe personeel van die Universiteit van Namibië (Unam) voor 17 Februarie was gister die dreigement van sowat 800 gegriefdes oor die kontantvloeikrisis by dié onderwysinstelling wat meegebring het dat salarisse vandeesmaand nie betaal is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!