20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 8 Februarie 1999

- Minstens twee adjunkministers en ’n verskuiwing van ambassadeurs is in die visiere van die langverwagte Kabinetskommeling van President Sam Nujoma.

- Die sowat 150 treindrywers en assistenttreindrywers van TransNamib wat meen hul werkgewer skuld hulle sowat N$6 miljoen aan oortydbetaling, kan voortgaan met hul eis.

- Die Suid-Afrikaner wat daarvan verdink word dat hy onder meer die bekende Namibiese sakeman, Jan Malan, in 1996 in Angola vermoor het, sal in die tronk bly totdat sy verhoor op 10 Mei in die Hooggeregshof in Pretoria begin.



Dinsdag 9 Februarie 1999

- - totdat sy verhoor op 10 Mei in die Hooggeregshof in Pretoria begin.vermoor het, sal in die tronk owat N$6 miljoen aan oortydDie Britse polisie het die befaamde evangelis, dr. Moishe Cohen alias Cecil Gilbert, op die lughawe Heathrow net buite Londen in hegtenis geneem nadat hy vir bykans twee maande Namibiese gelowiges tydens verskeie dienste in vervoering gehad en derduisende dollars by hulle gekollekteer het.

- Daar is geen vryheid sonder verantwoordelikheid nie.

- Die uitdrukking dat mense wat in glashuise woon nie met klippe durf gooi nie het nuwe betekenis gekry toe die landdros wat vir lank dronkbestuurders en verkeersoortreders moes vonnis, Vrydag in die hof op ’n klag van dronkbestuur skuld erken het.



Woensdag 10 Februarie 1999

- Die jong ma van Khomasdal wat daarvan verdink word dat sy as ’n werknemer by Eerste Nasionale Bank bedrog ter waarde van sowat N$2 miljoen gepleeg het deur sekere rekeninge te krediteer en ander te debiteer, het gister vlugtig in die Windhoekse landdroshof verskyn.

- Die drome van honderde Namibiërs wat oor ’n tydpertk van maande op evangelisasie-byeenkomste vir die ontwikkeling van ’n kibbutz in die Suide bygedra het, het in die loopgraaf van wanvoorstelling en misbruik deur ene dr. Moshé Cohen, gesneuwel.





Donderdag 11 Februarie 1999

- Die Windhoekse Hoërhof het vandeesweek gehoor waarom die polisie op Walvisbaai sowat vier en ’n half jaar nadat die lyk van ’n visserman die hawe op dié dorp uit die water opgepik en begrawe is, skielik weer in sy dood belanggestel en beweringe van moord ondersoek het.

- ’n Massaverplasing van Mafwe-polisiemanne – die Caprivistam wat sentraal in die Botswana-uittog staan – kan die laaste lont in die Caprivi se smeulende politieke kruitvat wees.

- Die omstrede selfverklaarde internasionale biljoenêr-geestelike, dr. Moshe Cohen, wat onder die dekmantel van ’n “geestelike herlewing en beleggersfonds van minstens N$30 miljoen” Namibiërs se sakke geskud het, het onverwags uit sy huis in Engeland sy bande met sy getrouste volgelinge en verteenwoordigers in Namibië verbreek.

Vrydag 12 Februarie 1999

- ’n Sesjarige meisietjie van Grootfontein het gister een van enkele opgetekende gevalle geword wat die pik van een van die giftigste slange ter wêreld, ’n swartmamba, oorleef het.

- Die regsproses waarin ’n opperoffisier van die Polisie in die beskuldigdebank beland het weens beweerde diefstal van aansienlike bedrae geld, het gister op Oshakati begin ná ’n gesloer van vyf jaar en swak administrasie.

- Johnny Jacobs (34), ’n bekende in Windhoekse dobbelkringe, het gister in sy borgaansoek in die landdroshof in dié stad gesê hy het sy vrou volkome met sy geldsake vetrrou sonder om self enige idee te hê wat in sy bankrekening aangaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!