20 Jaar Gelede
Maandag 8 Junie 1998
- Swakopmund is Saterdag geskud ná die nuus van die grusame moord op Monica Florin. Sy is na bewering deur haar man, Thomas Adolf Florin, vermoor, in stukke opgesny en toe gekook.
- Van Woensdag af trek miljoene belangstellendes wêreldwyd voor televisiestelle saam vir die sokkerfees in Frankryk wat vier weke sal duur en waartydens die kampioenspan sy slag teen 31 teenstanders moet wys om vir die volgende vier jaar die houer van die gesogte goue sokkertrofee te wees.
- Die krisis waarin die private lugredery, Kalahari Express Airlines, hom bevind het, is feitlik opgelos nadat die direksie beginselgoedkeuring gegee het vir volle oorname deur ’n plaaslike beleggingsmaatskappy, Namibian Harvest, en die Suid-Afrikaanse lugredery SA Express.
Dinsdag 9 Junie 1998
- Die vissergemeenskap aan die Namibiese kus bevind hom – midde onsekerheid oor die lot van twaalf vissermanne wat oor die naweek aan die Argentynse kus vermis geraak het – voor ’n tweede tragedie nadat ’n vissersboot gistermiddag by Vierkantklip suid van Swakopmund omgeslaan en vermoedelik die lewe van nog ’n visserman geëis het.
- Pligsbesef, toeval en ’n bietjie geluk aan die kant van die Namibiese Polisie, beamptes van Natuurbewaring en die Doeane-owerhede was waarskynlik die regstreekse oorsaak van die inhegtenisneming van Thomas Florin wat die naweek aanvankllik aangekeer is vir beweerde smokkelary met beskermde wildprodukte en diere en toe sommer ook in die polisie se vangnet getrap het as die hoof-verdagte vir die moord op sy jong vrou.
Woensdag 10 Junie 1998
- ’n Moontlike verhoging in rentekoerse word vir Namibiërs en Suid-Afrikaners in die vooruitsig gestel. Dit sal meebring dat die paaiemente wat huiseienaars betaal en die rente op oortrokke rekeninge en banklenings die hoogte kan inskiet.
- Die seereddingsdrama naby die Falkland-eilande in die Suid-Atlantiese oseaan waar die vistreiler, die Suderhavid, met ’n bemanning van sewe Namibiërs, 26 Suid-Afrikaners en vyf Europeërs die afgelope naweek gesink het, is gister afgelas.
- ’n Volskaalse menseregte-ondersoek na beweerde marteling en die mishandeling van verhoorafwagtendes is gister op Okahandja van stapel gestuur waar vier plaaswerkers die afgelope twee maande reeds in polisie-aanhouding is.
Donderdag 11 Junie 1998
- Die gebrek aan ’n verkiesingskommissie en verkiesingsdirekteur laat vet vraagtekens oor vanjaar se streekverkiesing hang.
- Frankryk sal sy hersiene Afrika-beleid in Namibië van stapel stuur wanneer dié land die eerste is om vir die Franse staatshoof, pres. Jacques Chirac, as gasheer op te tree.
- Nóg ’n veldslag is gelewer in die oorlog van woorde tussen die Staatsprokureur, mnr. Chris Brandt, en die Regering.
Vrydag 12 Junie 1998
- Die Nasionale Ontwikkelingskorporasie (NDC) is gister tot in sy fondamente geskud ná ’n Raadsbesluit dat meer as die helfte van sy personeel aanstaande week afgedank gaan word.
- Die magstryd binne Namibiese sokker en gepaardgaande eise vir die summiere bedanking van die volle bestuur van die Namibiese Sokkervereniging (NSV) het gister op ’n smerige twis onder toppersoonlikhede in die sport afgestuur.
- Air Namibia het die 1997/98 finansiële jaar vir die tweede agtereenvolgende jaar met swaar finansiële verliese van tot soveel as N$50 miljoen afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie