20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 6 Maart 2000

• Die noodfonds vir Mariental is in omstredenheid gedompel met vloedslagoffers van die dorp en die Hardapskema wat nog steeds op hulp wag, terwyl kos uitgedeel word aan inwoners wat nie deur die vloed geraak is nie.

• Die oorloë in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en Angola is die grootste remskoen vir ontwikkeling in die Suider-Afrikaanse streek.

• Oranjemund het die naweek 'n voorbeeld aan ander dorpe in die land gestel oor hoe 'n gemeen­skap kan saamwerk om 'n omgewingsprobleem aan te spreek.



Dinsdag 7 Maart 2000

• Die kroonprins van Nederland, prins Willem Alexander van Oranje, het gister vir 'n besoek van twee dae in Namibië aangekom.

• 'n Behoeftebeplanning ten opsigte van die vloedgeteisterde Mariental en Hardapskema geniet die hoogste voorrang sodat die voorwaardes van hulpverlening van die Mariental-noodfonds Vrydag gefinaliseer kan word.

• Die Auobrivier in die Suide sou na verwagting gisteraand die Kalahari-Gemsbokpark in Suid-Afrika bereik het ná die grootste vloed wat dié rivier in 50 jaar ondervind het.



Woensdag 8 Maart 2000

• TCL kan binne vier maande weer in volle produksie wees en sowat agthonderd van die tweeduisend werkgeleenthede wat in die slag gebly het toe die maatskappy gelikwideer is, gered kan word.

• Voormalige staatsoorde gaan teen 'n koste van N$10 miljoen op internasionale standaard gebring word deur die nuut gestigde maatskappy Namibia Wildlife Resorts (NWR), wat die vakansiebestemmings voortaan dryf.

• Die eerste besending plaaslike voedselhulp aan die vloedgeteisterde Mosambiek word vandag deur Air Namibia na Maputo gebring.



Donderdag 9 Maart 2000

• Die twee vloedrampe wat Mariental kort na mekaar getref het, sal Namibië se korttermynversekeringsbedryf sowat N$50 miljoen kos.

• Misverstande wat spruit uit 'n woorde-oorlog tussen die Kerk en regering oor die grensspanning in Caprivi en Kavango is gister op die hoogste vlak uit die weg geruim.

• “Dit is 'n eer om op Internasionale Vrouedag die Osire-vlugtelingkamp te besoek en as bonus 'n pasgebore baba in my arms te kan vashou,” het Namibië se Eerste Dame, me. Kovambo Nujoma, gister gesê toe die moeder van 'n pasgebore babadogtertjie besluit het om haar kind na die Presidentsvrou te vernoem.



Vrydag 10 Maart 2000

• Windhoek het Suider-Afrikaanse inisiatiewe ingelui om 'n forum vir opposisiepartye te stig ten einde veelparty-stelsels in die streek te verseker.

• Die Angolese oorspoel-oorlog in die noordooste van Namibië het nou ook sy merk op trofeejagkonsessies in kommunale gebiede en parke gelaat wat gister in Windhoek opgeveil is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!