20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 5 Februarie 2001

- Geld van die gebeurlikheidsfonds gaan gebruik word om die die onderwyskrisis in die Noorde aan te spreek.

- Die Namibiese Hooggeregshof het Vrydag die groen lig gegee dat die staatsbeheerde Nasionale Herversekeringskorporasie (NamibRe) ’n gedeelte van die land se korttermynversekeringsbedryf mag nasionaliseer.

- Een van Namibië se beste vlieëniers en voorste Boeing 737-instrukteur, kaptein Richard Cousins, is Saterdag tydens ’n dissiplinêre verhoor onskuldig bevind op twee beweerde oortredings en heraangestel in sy pos by Air Namibia.

Dinsdag 6 Februarie 2001

- Meer as N$2 miljoen gaan onmiddellik uit die staat se gebeurlikheidsfonds beskikbaar gestel word om die nypende tekort aan onderwysers in die Noorde te verlig.

- ’n Handves wat die werksaamhede van Afrika-staatsdienste sal lei en rig, is gistermiddag in Windhoek deur afgevaardigdes van dwarsoor die vasteland bekragtig.

- Die sperdatum vir die indiening van belastingvorms vir individue wat hul inkomste gedeeltelik of ten volle uit boerdery- of sakebedrywighede verdien, is met drie maande verleng, het die Ministerie van Finansies bekend gemaak.

Woensdag 7 Februarie 2001

- Harde woorde het gister op die eerste Kabinetsitting van die jaar geval toe pres. Sam Nujoma ’n aanduiding gegee het van spreekwoordelike winde van verandering wat vanjaar deur die land gaan waai.

- In die elf jaar sedert onafhanklikwording is heelwat vermag. Belangrike nasionale instellings is op die been gebring en die demokrasie is van ’n ideologie in ’n leefwyse vir al die mense van die land omgeskep.

- Die handves vir staatsdienste in Afrika wat vandeesweek in Windhoek aanvaar is, kan as baanbrekerswerk in die internasionale gemeenskap beskou word. Die dokument sal binnekort in New York aan die Algemene Vergadering van die VVO voorgelê word as voorbeeld vir die opstel van ’n wêrelhandves vir staatsdienste.

Donderdag 8 Februarie 2001

- Van die ernstige krisisse van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) is onder Namibië se voorsitterskap opgelos.

- Suid-Afrika raak toenemend betrokke by die soeke na vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) en die heropbou daarvan

- Die amptelike vakbond vir Namibiese staatsamptenare, Napwu, het ’n loongeskil met die staatsuitsaaier, die NBC, verklaar. Byna gelyktydig is aangekondig dat die uitsaailisensie vir ’n tweede televisiebetaalkanaal in kompetisie met NBC-TV goedgekeur is.

Vrydag 9 Februarie 2001

- Namibië het die eerste land ter wêreld geword om al sy bekende landmynvelde op te ruim en die status “land-mynveilige” land te verwerf.

- Die gebruikte motorhandel met sy jaarlikse bydrae van sowat N$82,5 miljoen tot die staatskas is opnuut in opstand oor beweerde ondoeltreffende diens, onnodige rompslomp en flagrante foute wat die bedryf duisende dollars uit die sak jaag.

- Maatreëls gaan binne die volgende drie maande aangekondig word om die visbedryf deur middel van meer stabiliteit te bevorder.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!