20 JAAR GELEDE
20 JAAR GELEDE

20 JAAR GELEDE

Karin Eloff
MAANDAG 9 JUNIE 1997

• Namibië het die naweek 'n daadwerklike stap geneem in die daarstelling van etiese regering met 'n nasionale beleid en wetgewing wat korrupsie in Namibië sal voorkom.

• Die spook van verlede jaar se uitmergelende droogte loop steeds en Namibiese kommersiële boere steier weer ná sowat N$4 miljoen van die Vleisraad, wat vir droogtehulp bedoel was, spoorloos verdwyn het.



DINSDAG 10 JUNIE 1997

• Die Baster-kaptein, die Eerste Minister en die Prokureur-generaal was gister die hoofspelers in 'n emosionele drama op Rehoboth , die Bastervesting, waar hande gevat is bo-oor politieke geskille en ter wille van ontwikkeling wat tot die voordeel van die ganse gemeenskap moet strek.

• Die slagvelbedryf in Namibië beleef nou een van sy donkerste dae in die geskiedenis en veral die kommunale boere, vir wie slagvelle 'n kontantinkomste beteken, word ernstig hierdeur geraak.



WOENSDAG 11 JUNIE 1997

• Drie Himbas uit die hartjie van Kaokoland is sedert gister op 'n uitgebreide Europese toer om hul teenstand teen die Epupa-waterkragskema aan die wêreld te verkondig.

• 'n Gebrek aan enige reaksie van die regering op navrae en eise deur voormalige lede van Koevoet en die Gebiedsmag, het dié beweging gister op die morele hoë grond geplaas.



DONDERDAG 12 JUNIE 1997

• 'n Internasionale smeerveldtog wat deur 'n inwoner van Hentiesbaai, mnr. Peter D. Whitman, teen die ekonomiese benutting van robvleis deur Namibiërs geloods is, het gister aan skerwe gelê.

• Water blyk die grootste passiewe moordenaar in die noordelike streke van Namibië te wees, met minstens 28 mense wat reeds sedert die begin van die jaar in water omgekom het.



VRYDAG 13 JUNIE 1997

• Swapo-aangehoudenes, wat eenvoudig 'n deel bly van Namibië se donkerste politieke uur, roep nou minstens om monetêre vergoeding vir die wonde wat hulle in die “Helgate van Swapo” opgedoen het.

• Namibië is gister op die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Fauna en Flora (Cites) uitgesonder as dié land waar min bewyse van onwettige jag op olifante bestaan en waar wetstoepassing voldoende is.



SONDAG 15 JUNIE 1997

• Midde 'n dreigende staking oor salarisverhogings in NBC-geledere en ander krisistoestande is die voorsitter en die onder-voorsitter van die NBC-raad op buitelandse besoeke. 'n Duur TV-skottel vir pres. Sam Nujoma op Terracebaai is ook 'n steen des aanstoots.

• Ballistiese toetse deur polisiedeskundiges in Windhoek word nou op 'n windbuks en 'n loodpatroontjie gedoen wat na bewering deur drie seuns in 'n “aanval” op die residensie van pres. Sam Nujoma op Keetmanshoop gebruik is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!