20 Jaar Gelede
Maandag 18 Mei 1998
• 'n Versoek dat die skuld van die ontwikkelende lande in geheel afgeskryf word, is gister deur President Sam Nujoma gerig toe hy die agtste Suider-Afrikaanse spitsberaad van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Windhoek geopen het.
• Walvisbaai beweeg al nader aan 'n ontploffing op die gebied van nywerheidsontwikkeling namate onderskeie deure na wêreldhandel begin oopmaak.
• Wat gister 'n ere-verwelkoming vir superster Michael Jackson op die Windhoek Internasionale lughawe moes wees, het in chaos ontaard. Toe Jackson, geklee in 'n swart uitrusting en bypassende hoed, geruime tyd ná die ander passasiers sy opwagting gemaak het, het die skare rasend geraak.
Dinsdag 19 Mei 1998
• Herhaaldelike beroepe vir die afskryf van Afrika se skuldlas was sedert die aanvang van die Suider-Afrikaanse spitsberaad van die Wêreld Ekonomiese Forum in Windhoek een van die sleuteltemas van staatshoofde.
• Die voortslepende grondkwessie in Namibië is tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsforum in Windhoek as een van die knellendste toekomstige vraagstukke deur twee staatshoofde op die voorgrond gestoot.
Woensdag 20 Mei 1998
• Die volle ystervuis van die Regering het die Staatsprokureur, mnr. Chris Brandt, gister getref toe hy summier en sonder enige voordele uit die Staatsdiens geskors is.
• Mia von Solms, die veroordeelde moordenares en beplanner van die sluipmoord op 'n vrou wat volgens getuienis 'n mededinger in 'n beweerde driehoekige lesbiese verhouding was, het gister haar vonnis van lewenslange tronkstraf sonder 'n teken van emosie en met 'n glimlag aangehoor terwyl haar seun sy vonnis van 12 jaar ook met 'n glimlag begroet het.
• Midde die grootste ekonomiese saamtrek in die geskiedenis van Namibië is verstandhoudings in Amerika ooreengekom wat Namibië deel van 'n Afrika-ekonomiese ontwaking met Amerikaanse hulp sal maak.
• Ten minste twee potensiële kopers vir die TCL-myne het na vore gekom.
Donderdag 21 Mei 1998,
geen koerant
Vrydag 22 Mei 1998
• In die jongste drama het die ATKV, wat veronderstel is om saam met die tussentydse Afrikaner-kultuurforum, takstigting te koördineer – homself aan die hand van die gesinstak in Windhoek onder leiding van mnr. Neville Neveling van die Akswa/Cultura-organisasies gedistansieer.
• Namibië se waarnemende Minister van Arbeid, mnr. John Shaetonhodi, beweer daar word in die noordelike tradisionele gebiede op groot skaal teen die Arbeidswet oortree.
• 'n Gyselaarsdrama het hom Woensdagoggend vroeg in Windhoek afgespeel. Personeel van Commercial Bank of Namibia in die Suidelike nywerheidsgebied is toegesluit terwyl vier rowers met 'n bedrag geld gevlug het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie