20 jaar gelede…
Maandag 8 November 1999
• 'n Handelsooreenkoms en Maleisiese belegging in die Namibiese tekstielbedryf vir die oprigting van 'n klerefabriek op Okahandja gaan belastingbetalers sowat N$7 miljoen kos.
• Die bedrywighede van 'n groep onbekende swendelaars wat die familielede van gevangenes op slinkse wyse van geld beroof, is deur die Ministerie van Gevangenisse en Korrektiewe Dienste oopgevlek.
• NamWater kan vir die eerste keer verplig wees om aanvraagbestuur toe te pas indien invloei na damme wat Windhoek en die res van die sentrale gebied van water voorsien, die komende reënseisoen ontoereikend is.
Dinsdag 9 November 1999
• Voortgesette nie-amptelike segregasie in apostoliese kerkgeledere 'n dekade ná onafhanklikwording het die wind van voor gekry in 'n sterkbewoorde verklaring deur die Apostoliese Geloofsending (AGS) van Namibië.
• Die verleentheid van Air Namibia se gestrande Fokker F28-vliegtuig op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het gistermiddag 'n dringede aansoek in die Windhoekse Hoërhof tot gevolg gehad.
• Vierhonderd mense het reeds vanjaar in Namibië aan malaria gesterf.
Woensdag 10 November 1999
• 'n Dramatiese stap om Kalahari Holdings uit sy finansiële verknorsing te red deur MultiChoice aandele te verkoop, gaan moontlik nie 'n werklikheid word nie.
• Air Namibia se Fokker F.28 3000, wat sedert 23 Oktober sonder 'n bedryfslisensie gestrand was, het Maandagaand sy eerste vlug na Kaapstad onderneem.
• Die Lusaka-vredesverdrag bestaan nog net op papier – grootskeepse gevegte in die Demokratiese Republiek van Kongo duur voort.
Donderdag 11 November 1999
• 'n Loodskomitee is aangestel om 'n belangwekkende olie-ontdekking aan die Angolese kus tot die grootste moontlike voordeel van Namibië aan te wend.
• 'n Handgranaat wat bedoel was vir die Polisie het gister 'n einde gemaak aan die misdadigerslewe van een van die vier kriminele wat die naweek uit die Sentrale Gevangenis in Windhoek ontsnap het.
• Waarborge vir sowat N$855 miljoen deur die staat aan Air Namibia het die Namibiese regering in 'n finansiële knyptang met noodkrete wat binnekort in die private sektor kan weerklink.
Vrydag 12 November 1999
• Twee Swapo-vakbonde reël 'n optog van vierduisend onderwysers en ander staatsamptenare na Staatshuis op die vooraand van die verkiesings om 'n protesskrif aan pres. Sam Nujoma te oorhandig omdat hulle vanjaar geen salarisverhoging gekry het nie.
• Diewe wat 'n bondel van 1 200 koperkabels van 80 meter gesteel het, is daarvoor verantwoordelik dat die telefone van nagenoeg eenduisend inwoners van Katutura se westelike buitewyke tot môre buite werking sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie