20 jaar gelede
Maandag 5 Maart 2001
- Namibië se net meer as 2 000 troepe in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) word waarskynlik sedert begin verlede jaar eksklusief aangewend om die diamantmyn by Maji-Munene op te pas.
- ’n Spesiale taakmag van meer as 1 000 lede van die Namibiese weermag is nog in die omgewing van die Omega-nedersetting in Wes-Caprivi besig met die opspoor van teenpersoneelmyne wat deur vermeende Unita-rebelle geplant is.
- Die besnoeiing van staatsuitgawes na aanleiding van pres. Sam Nujoma se onlangse uittrapsessie van Kabinetslede, het verlede week in die land se hoogste wetgewende gesag weerklank gevind.
Dinsdag 6 Maart 2001
- Die wanaanwending van staatsgeld en die diefstal van staatseiendom het sieklike afmetinge aangeneem wat nie langer geduld mag word nie.
- ’n Gesukkel van meer as drie jaar om die ontsoutingsaanleg onder NamWater-kliënte aan die kus aanvaar te kry en ’n tender vir die bou daarvan toe te ken, het gelei tot regsgedinge in Suid-Afrika en Amerika, en regsaksies teen Namibiërs wat in ’n beweerde smeerveldtog teen die projek betrokke is.
- Monsters van Windhoek se kraanwater is vir toetsing na ’n laboratorium gestuur, nadat ’n stortvloedklagtes van verbruikers oor die reuk, kleur en smaak ontvang is.
Woensdag 7 Maart 2001
- Die buitengewone spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat Vrydag in Windhoek plaasvind, kan die deurslag gee vir lank verwagte hervormings wat jare reeds in die vooruitsig gestel word.
- Die spook van die omstrede Namibiese diamantmyn in die DRK wil net nie in die Nasionale Vergadering (NV) gaan lê nie.
- Twee ooreenkomste van die vermoorde pres. Laurent Kabila met Amerikaanse en Israelse diamantreuse onderskeidelik was die skepping van ’n buitelandse monopolie wat nie net DRK-handelaars se hande afgekap het nie, maar ook die vlam van onwettige diamanthandel in die oorloggeteisterde Kongo buite beheer aangeblaas het.
Donderdag 8 Maart 2001
- Spanning in Air Namibia se top-bestuur bereik vandag breekpunt met ’n verwagte interne aankondiging deur die besturende direkteur, dr. Jaafar bin Ahmad, wat die lot van die sukkelende nasionale lugredery sal bepaal.
- Onwelriekende troebelwater uit Windhoekse krane het ’n woordestryd ontketen oor-en-weer-beskuldigings tussen die munisipaliteit en NamWater oor wie vir die onaangename kleur, reuk en smaak verantwoordelik is.
- ’n Mylpaal in die verskaffing van huisvesting is bereik toe huise in die Otjomuise-woonbuurt Saterdag amptelik ingebruik geneem is.
Vrydag 9 Maart 2001
- Die Regering het vir die eerste keer uit eie politieke geledere vuur getrek oor sy betrokkenheid by die burgeroorlog in die DRK.
- Die Minister van Myne en Energiesake, mnr. Jesaya Nyamu, wat twee weke gelede Namibië se Tsikapa-diamantmyn in die DRK en sy Amerikaanse vennoot daarin onthul het, was in die NV die jongste slagoffer van Swapo se binnekringverdeeldheid en eierdans-politiek rondom dié geskenk van die vermoorde pres. Laurent Kabila van die DRK.
- Binnegevegde in die Verteenwoordigende Studenteraad (SRC) dreig om die studentegemeenskap van die Universiteit van Namibië (Unam) aan die vooraand van dissiplinêre verhore teen twee van sy leiers te ontwrig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie