20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 5 November 2001

- Die dood het sy volgende paaiement by die gesin Notzon van Mariental kom haal toe mnr. Hein Janik (37) van Windhoek Saterdagoggend in ’n ongeluk met ’n vragvliegtuig naby Johannesburg gesterf het.

- Die noordelike gedeelte van Namibië kan uitsien na normale tot bo-normale reënvalsyfers gedurende die volgende twee maande terwyl dié tydperk vir die suidelike dele minder as die normale syfers beloof.

Dinsdag 6 November 2001

- Koppe het gister vir die tweede keer in vier maande by Air Namibia gerol toe twee senior bestuurders afgedank, een senior bestuurder sy titel verloor en verskeie senior personeellede se poste summier geskrap is.

- Oproepe deur ’n senior Swapo-minister in die Nasionale Vergadering (NV) het gister opgegaan oor die inwerkingstelling van die bepalinge rondom grondonteiening in die Wet op Kommersiële Grondhervorming.

- Namibië gaan Vrydag saam met die res van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) die eerste SADC-Malariadag herdenk.

Woensdag 7 November 2001

- Democratic Media Holdings (DMH) en sy koerante is gisteraand in ’n nuwe wentelbaan geplaas met die amptelike opening van sy perseel in Omurambaweg, Eros, en ’n drukpers wat gevorderde tegnologie en gehalte op Namibiese bodem gevestig het.

- Geskiedenis is vandeesweek in Windhoek gemaak deurdat die onderskeie vigsaksies van die Rooms-Katolieke en Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië ooreengekom het om mekaar se werksaamhede te erken en voortaan nouer saam te werk.

- Nege vermeende rowers wat verlede jaar op die hoofpad tussen Brakwater en Windhoek N$5,3 miljoen uit ’n veiligheidswa sou in gesteel het, se saak is vir die beslissing van die aanklaer-generaal tot 7 Desember vanjaar verdaag.

Donderdag 8 November 2001

- Die Regering het nie sowat N$10 miljoen om aan regsonkostes vir die 128 beweerde Caprivi-afstigtingsrebelle te bestee nie.

- Vervalste akademiese kwalifikasies, huweliksertifikate en vliegtuiglisensies kan moontlik in Namibië in omloop wees.

- Die grootste deel van die Namibiese bevolking voer ’n sukkelbestaan, volgens die VVO se verslag oor die toestand van die wêreldbevolking.

Vrydag 9 November 2001

- Verwarring oor vandag se beplande werkersboikot van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) kan tot ernstige ontwrigting in van die belangrikste sentra in die land lei.

- Ondanks ’n poging van die studente-organisasie Nanso om die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, oor die uitstaande studiegeld by die Universiteit van Namibië (Unam) te nader, hou die universiteit voet by stuk dat studente wat nie betaal het nie, nie vanjaar eksamen mag aflê nie.

- Die slagter van die Labuschagne-gesin van die plaas Klein-Sukses in die distrik Gobabis is effektief tot 69 jaar tronkstraf gevonnis.

- Die voortslepende debat oor straatname op Swakopmund is gister afgesluit deurdat pres. Sam Nujoma die groen lig vir die verandering van sommige van die name gegee het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!