20 jaar gelede
Maandag 31 Julie 2000
- ’n Beweerde diamant-transaksie van sowat N$2 miljoen wat skeef geloop het, het verlede Donderdag tot die ontvoering van ’n bekende Windhoekse staatsadvokaat se seun gelei.
- Die Kabila-regering is nou een van die grootste struikelblokke in vredesprosesse wat vir dié land in Afrika en die internasionale gemeenskap onderweg is.
- Namibië se wapenhandelaars het voor die naweek ’n sug van verligting geslaak toe dit bekend gemaak is dat die invoer van kommersiële wapens en ammunisie onverhinderd sal voortgaan nadat ’n spesiale komitee besin het oor die moontlikheid van ’n algehele verbod op Namibië weens sy betrokkenheid by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).
Dinsdag 1 Augustus 2000
- Eensgesindheid en samewerking onder lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister aan die vooraand van die weeklange SADC-beraad in Windhoek ’n dwarsklap uit Swapo-geledere gekry.
- Die Efaho-meubelfabriek, op die lughawepad net buite Windhoek, het gister omstreeks 15:45 afgebrand.
- John Samboma, legendariese bevelvoerder van die Caprivi-Bevrydingsleër (CLA) en vermeende meesterbrein agter die afstigtingspoging ’n jaar gelede op Katima Mulilo, sit reeds drie maande lank agter tralies.
Woensdag 2 Augustus 2000
- Die onwettige gebruik van sogenaamde “bloeddiamante” om konflikte in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) aan te vuur, gaan aanstaande maand deur SADC-ministers van mynwese op die spits gedryf word.
- Verset teen die toenemende neiging tot eensydige besluitneming in die Keetmanshoopse onderwysstreek is besig om te verdiep.
- Eise van duisende dollars kan Swapo-ondersteuners binnekort in die gesig staar nadat ’n onbeheersde skare, wat kinders ingesluit het, Maandag reuse-skade aan twee ondernemings op Katima Mulilo aangerig het tydens ’n wanordelike betoging wat hand uit geruk het.
Donderdag 3 Augustus 2000
- Namibië kom die naweek voor een van sy grootste diplomatieke toetse te staan deurdat hy die gasheer is van wat beskou word as waarskynlik die belangrikste pogings tot nog toe om die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te beëindig.
- Gemeganiseerde eenhede van Unita se aanvalsmag het gisteroggend vir die eerste keer in die huidige offensief teen Angolese en Namibiese magte die grens na Kavango oorgesteek en verwoesting in die Kwangali-stamgebied gesaai.
- ’n Windhoekse advokaat wat in die Karibib-rooftogsaak in die Hoërhof optree, is Dinsdag ’n vonnis vir minagting van die hof opgelê nadat sy herhaaldelik versuim het om betyds by die hof op te daag.
Vrydag 4 Augustus 2000
- Die beoogde aanmars van Swapo-oorlogsveterane en gestremdes na Staatshuis is gisteroggend by die afdraai na Luiperdsvallei deur die polisie versper.
- Samewerking tussen inwoners van Kavango en die veiligheidsmagte is die doeltreffendste wapen teen Unita-insypeling, wat dreig om die noordooste van Namibië te destabiliseer.
- Namibië en sy staatshoof, pres. Sam Nujoma, kan Sondag onderhandelde skikkings in Afrika in ’n nuwe wentelbaan plaas en die fondament vir konflikoplossings op die vasteland lê wanneer pogings in Windhoek van stapel gestuur word om die skerwe van die verbreekte DRK-vredesprosesse van New York tot in Kinshasa op te tel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie