20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet Pearson
Maandag 4 Desember 2000

- ’n Seun van agt jaar en sy twaalfjarige suster was Vrydag saam met hul aanneemouers die jongste slagoffers van ’n reeks gru-plaasmoorde wat die Gobabis-gemeenskap geskok het.

- Drie mense het gestref toe die vakansieseisoen met ’n afskuwelike motorongeluk Saterdagaand by Langstrand begin het.

- Die plaas Klipfontein van mnr. Seef Oosthuizen in steeds onder kwarantyn nadat van sy beeste in ’n Suid-Afrikaanse voerkraal was waar bek-en-klouseer verlede week onder 64 000 beeste en varke uitgebreek het.

Dinsdag 5 Desember 2000

- Indringende samesprekinge tussen Namibië en Duitsland oor ontwikkelingshulp van miljoene dollars vir 2001 en 2002 het gister begin met ’n versekering deur die Duitse regering dat Namibië se betrokkenheid by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) nie in die pad van ontwikkelingshulp sal staan nie.

- Die plaaslike verbod op die uitvoer van lewendehawe na Suid-Afrika sal waarskynlik vandeesweek opgehef word nadat geen teken van bek-en-klouseer tot dusver in Namibië bespeur is nie.

Woensdag 6 Desember 2000

- Die dae dat Namibiese sportspanne op toer lakens, komberse en ander goedere uit hotelle steel, is verby. So ook dié van sokkerspelers wat mekaar as spanmaats met die vuis slaan en manstudente wat vroue in stortbaddens bekruip.

- Druk is gister uitgeoefen op die weermaghoofde van lande wat by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) betrokke is om op ’n skedule vir die onttrekking van hul magte uit frontliniestellings ooreen te kom.

Donderdag 7 Desember 2000

- Gierigheid, die uitbuiting van ’n medemens se teënspoed en waansin wat veroorsaak is deur ’n oorvloed van gratis drank, het Dinsdag sy lelike gesig gewys toe ’n vragmotor vol bierkratte op pad na Angola op Otavi omgeslaan het.

- ’n Lyk in die kattebak van ’n motor op die hoofpad tussen Grootfontein en Tsumeb was Maandag die sleutel wat ’n dubbele moord op twee Chinese sakemanne ontsluit het.

- Die Regering bly op koers om grond in Namibië wettig te bekom en dié boodskap is op ondubbelsinnige wyse aan die toekomstige leiers van die land oorgedra.

Vrydag 8 Desember 2000

- Die herbesitneming van grond wat nie doeltreffend gebruik word nie, is gister deur pres. Sam Nujoma gelas.

- Hartverskeurende tonele het hulle afgespeel to ’n verslae gemeenskap gister op Gobabis afskeid geneem het van die kissies van twee kinders wat saam met dié van hul aanneemouers begrawe is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!