20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 24 Julie 2000

- ’n Ernstige waarskuwing is deur die Bank van Namibië aan niksvermoedende lede van die publiek gerig om nie in die strik van piramide-skemas te trap nie.

- Namibië was die naweek in ’n wurggreep van misdaad vasgevang met drie pogings tot moord en verskeie voorvalle van gewapende roof wat by die polisie aangemeld is.

- Die volgehoue toestroming van vlugtelinge uit Angola na die Noorde van Namibië het tot gevolg dat die Wêreldvoedselprogram (WVP) sy ondersteuning aan Namibië tot Januarie aanstaande jaar gaan verleng.

Dinsdag 25 Julie 2000

- ’n Witrenosterkoeiis vlak voor haar kalf op die Otjiwa-wildplaas deur stropers doodgeskiet. Daarna is haar horings so kru met ’n byl uitgekap dat ’n stuk van die skedel ook verwyder is.

- ’n Skoonheidsolie wat op die uitvoermark gerig is, is nou in Namibië uit die saad van die maroelaboom vervaardig.

- Midde-in verskerpte terreuraanslae in Kavango en die teregstelling van twee Namibiërs is die Spesiale Veldmag van die Polisie Sondag deur inwoners daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is vir die jongste vlaag grusame moorde.

Woensdag 26 Julie 2000

- Die finansiering van politieke partye deur die staat is met 50 persent verhoog, wat sal meebring dat belastingbetalers jaarliks sowat N$12,5 miljoen sal opdok om die demokrasie in Namibië te bevorder.

- Vredesvooruitsigte in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is ontspoor deur ’n onverwagse Kabila-verwerping van ’n aanbod van die Verenigde Nasies (VN) om gewapende vredestroepe te ontplooi.

- Van die nagenoeg 1,7 miljoen mense in Afrika wat jaarliks met HIV/vigs besmet word, is die helfte tussen 15 en 24 jaar.

Donderdag 27 Julie 2000

- Die Regering se stilswye oor vergoeding van N$75 000 was gisteraand die voorspel tot ’n opmars deur sowat 120 oud-vegters en gestremdes van Swapo na Staatshuis.

- Foutiewe elektriese en meganiese installasie het die amptelike opening van die nuwe landdroshof van N$32 miljoen in Katutura in die wiele gery.

- Namwater gaan verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van ’n multi- miljoendollar-watervoorsieningskema by die beplande Scorpion-myn in die Noorde van Namibië.

Vrydag 28 Julie 2000

- Die grondlegging van ’n volwaardige Namibiese weermag-lugvleuel vind die afgelope maand op Grootfontein onder die grootste geheimhouding met Libiese instrukteurs in bevel en ’n skenking van dié land se legendariese staatshoof, kol. Muammar Ghadaffi, plaas.

- Meer as driehonderd werkers kan ledig op die arbeidsmark beland in ’n desperate poging deur Rössing Uraan om die wêreld se vierde grootste uraanmyn by Arandis te red.

- Nuwe toetssentrums gaan landwyd opgerig word om Namibiërs in staat te stel om hul bestaande bestuurslisensies in die sogenaamde kredietkaartformaat-rybewys van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te omskep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!