20 Jaar Gelede
Maandag 17 Mei 1999
• Asof die sluiting van die drie TCL-myne en die gepaardgaande werkloosheid en maatskaplike probleme wat dit vir Namibië inhou nie genoeg is nie, het dit pas aan die lig gekom dat sowat N$114 miljoen uit dié groep se pensioenfonds sy pad deur middel van 'n “sameswering” na Suid-Afrika gevind het.
• Navorsing oor MIV/vigs en uitreiking na gemeenskappe wat deur die siekte geteister word, gaan met geldelike steun van sowat US$100 miljoen van 'n Amerikaanse farmaseutiese maatskappy bevorder word.
Dinsdag 18 Mei 1999
• Kinders wat gister helder oordag by die Van Rhyndam in Pionierspark vis gevang het, is deur 'n bende van sowat tien lede met messe aangehou, met die dood gedreig en van hul klere beroof.
• Sakemanne en boksgeesdriftiges het gister hul teleurstelling oor Namibië se bokssensasie, Harry Simon, uitgespreek nadat die verhaal rondom Harry se vinnige vuiste en wispelturige humeur buite die La Coastal-nagklub in Kuisebmond ontvou het.
Woensdag 19 Mei 1999
• Die bykans eenhonderd ongelukkige inwoners van die Greenwell Matongo-woonbuurt in Windhoek wat uitsetting in die gesig staar, moes gister verskeie hindernisse oorkom ten einde hul griewe amptelik onder die aandag te bring.
• Ses verstekelinge op 'n Indiese vragskip, die Rani Padmini, wat van Kaapstad na België onderweg was, is Saterdag in die middernagtelike ure deur immigrasiebeamptes van Namibië teen die kus by Walvisbaai opgepik.
• Ooreenkomste waarby meer as N$5,5 miljoen betrokke is, is vandeesweek deur die Minister van Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling, mnr. Helmuth Angula, met verskillende buitelandse instansies gesluit.
Donderdag 20 Mei 1999
• Verskeie Suid-Afrikaanse getuies word aanstaande week in Namibië verwag om die bloedspoor van dr. Wouter Basson, voormalige projekleier van die Suid-Afrikaanse Weermag se chemiese en biologiese oorlogprojek, bekend as Projek Coastal, hier uit te wys.
• Die Erongo-streek is binne enkele weke ná die wrede moord op 'n Duitse toeris by die Spitzkoppe weer die swartskaap van Namibiese toerisme nadat gewapende mans op besoekers uit Suid-Afrika op Hentiesbaai toegeslaan het.
• Met 'n fluisterstem en in rukke en stote het Namibië se middelgewigbokskampioen van die wêreld, Harry Simon, uit afrigter Brian Mitchell se huis in Kaapstad sy uittrede uit boks aan Republikein 2000 bevestig.
Vrydag 21 Mei 1999
• Die Mafwe-debakel bevind hom nou in die internasionale arena nadat die Linyanti- tradisionele owerheid die VVO in kennis gestel het van die “onwettige” aanstelling van die nuwe Mafwe-opperhoof, mnr. George Simasiku Mamili.
• Verpleegpersoneel is erg ontevrede oor die vertraging in oortydbetaling vir dienste op Sondae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie