20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Errol Hurter
Maandag 07 Oktober

• Die Namibiese polisie het gister nog geswyg oor die diefstal van 975 000 nuwe N$5 dollar-munte van die Bank van Namibië wat by die weermagbasis Luiperdsvallei gesteel is. Drie weermaglede is egter in hegtenis geneem.

• ’n Internasionale smokkelnetwerk met sterk Chinese verbintenisse is blootgelê waarin verskeie be­skermde Namibiese wildsoorte teen buitensporige pryse vir hoofsaaklik “liefdesdoepas” verkoop word.

Dinsdag 08 Oktober

• Dele van Namibië is na bewering besig om in ’n slagveld te verander met ’n toenemende aantal boere wat midde een van die ergste droogtes onder wildtroppe maai vir ’n bykomende inkomste in ’n poging om hul laaste bietjie weiding te probeer red.

• Frans Indongo Gardens, die tweede hoogste gebou in Namibië naas die CDM-gebou, is binne 24 maande opgerig en dit het sy eiejnaar, mnr. Frans Indongo, sowat N$37 miljoen uit die sak gejaag.

Woensdag 09 Oktober

• Swapo en sy leiers het werklik niks vermag om deur middel van ’n omstrede boek rekenskap te probeer gee van diegene wat onder sy sorg dood is of vermis geraak het om sodoende die wonde te heel en hul naasbestaandes gemoedsrus te gee nie. Meer vrae het nou ontstaan wat verduidelikings eis.

• Skougangers aan vanjaar se Windhoek Skou het deurgeloop onder vandale en diewe met meer as 24 motors waarvan die ruite in die skouweek vervang moes word.

Donderdag 10 Oktober

• Namibië het sy eie soort waarheids- en versoeningskommissie soos in Suid-Afrika nodig om die steeds onopgeloste kwessies van vermistes en mense wat gedurende die bevrydingsoorlog gesterf het, openlik te ondersoek , sê mnr. Mishake Muyongo van die DTA.

• Groot dele van Namibië se arbeidsmag het ’n skokkende gebrek aan werksetiek, -trots en moraliteit. Dit doen afbreuk aan produktiwiteit en help regstreeks mee met kommerwekkende vlakke van diefstal wat deur sindikate beheer word. Verskeie sakeleiers het hulle nou ten sterkste daarteen uitgespreek.

Vrydag 11 Oktober

• Die Republikein se bekroonde sportverslaggewer, Boet Matthews, het die Namibiese Amateur Atletiekunie se kompetisies vir die beste foto asook vir die beste verslae oor die onlangse Veteranekampioenskap gewen.

• Die opspraakwekkende voorval waarin nege familielede van ’n oorledene volgens Owambo-tradisie ’n weduwee onterf en haar gestorwe man se kraal afgebrand het, het tot ’n hofgeding gelei.

Sondag 13 Oktober

• Bedryfsverliese van meer as N$30 miljoen deur TransNamib kan hoofsaaklik aan ’n ondeurdagte belegging in ’n riskante onderneming toegeskryf word.

• Voortdurende opleiding, noukeurige keuring en harde werk deur die Brahmaantelersvereniging van Namibië het verseker dat dié beesras vanjaar feitlik skoonskip gemaak het in die interras- en vleisraskompetisies by die Windhoek Skou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!