20 jaar gelede
Maandag 10 Desember 2001
Openbare vakansiedag
Dinsdag 11 Desember 2001
- Die Ministerie van die Omgewingsake en Toerisme kan binne dae toetree tot die bondelstryd wat woed in ’n soektog na beweerde versteekte rykdomme onder die barre aarde van die Skedelkuspark.
- Beweringe van leë winkels, brandstofpompe sonder petrol, en vieslike stort- en toiletgeriewe by kampeergebiede aan die kus, gaan binne dae op ministeriële vlak met Namibia Wildlife Resorts opgeneem word.
- Ná byna drie jaar in ’n plastiekomhulsel is die standbeeld van opperhoof Hosea Kutako gister saam met dié van kaptein Hendrik Samuel Witbooi en eerw. Theophelus Hamutangela voor die Parlementsgebou onthul.
Woensdag 12 Desember 2001
- ’n Waterskeidingsaak oor die grondwetlikheid van die staat se beweerde onvermoë om regsverteenwoordiging aan 128 vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle beskikbaar te stel, het gister in die Hoërhof begin.
- ’n Krisis oor die (on)beskikbaarheid van hengellisensies vir vakansiegangers aan die Noordkus het Maandag en gister op Hentiesbaai vererger.
- Gister drie maande gelede om 15:46 Namibiese tyd (08:46 Amerikaanse tyd) het die eerste gekaapte vliegtuig in die een toring van die Wêreldhandelsentrum in New York vasgevlieg.
- Multichoice Namibia het Donderdag skeidingspakette aan tien van sy personeel aangebied as deel van ’n dringende en algehele herstruktureringsplan.
Donderdag 13 Desember 2001
- ’n Geskiedkundige ontmoeting gister by Staatshuis tussen die Kapteinsraad van die Basters en pres. Sam Nujoma het die fondament gelê vir die oplossing van slepende krisisse wat die Bastervolk sedert onafhanklikwording ondervind.
- Padblokkades het die afgelope tyd in ’n nagmerrie ontaard met polisiebeamptes wat ’n unieke stel reëls op motorryers toepas.
- Hengellisensies sny nou tot in die vleis van toerisme lans die kus met seesafari-leiers wat met hul hande in die hare sit.
- Die hervestigingsprogram wat in 1998 weens swak administrasie gefaal het, sal aanstaande maand met die landswye registrasie van grondloses deur die Ministerie van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie hervat word.
Vrydag 14 Desember 2001
- Die kwessie van erkening en die proklammering van tradisionele Herero-leiers is opnuut op die agenda van die Minister van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising.
- Hoop op ’n beter toekoms het op die treetjies van die gemeenskapsentrum vir die bestaansvissers van Hentiesbaai opgevlam met ’n Spaanse belangegroep wat ’n geordende vismark op die vakansieoord wil skep en terselfdertyd ’n afsetgebied vir hul vangste wil bied.
- ’n Nuwe toerismegordel gaan binne maande oor die breedte van suidelike Afrika span om ’n stroom van voorspoed ook oor afgeleë en verarmde gebiede van die ooskus tot teenaan die weskus te laat vloei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie