20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 31 Augustus 1998

• Dreigemente van Rwandese ingryping aan die kant van die rebellemagte in die DRK kan Namibiese soldate nog geruime tyd daar hou.

• Stappe in lyn met die Swapo-kode van partydissipline word teen die gewese Hoë Kommissaris van Namibië in Brittanje en lid van die party se Sentrale Komitee, mnr. Ben Ulenga, oorweeg ten spyte van sy aankondiging dat hy lid van die party bly.

• Namibië het met sy deelname aan Expo '98 sy doelwitte en meer bereik.



Dinsdag 1 September 1998

• President Laurent Kabila van die DRK het gister in Windhoek die eerste sterfgevalle onder Namibiese soldate in sy land bevestig en op 'n blitsbesoek aan President Sam Nujoma meer Namibiese troepe en bystand gevra teen rebelle uit Rwanda en Oeganda wat deur president Nelson Mandela van Suid-Afrika gesteun word.

• President Fidel Castro van Kuba sal vanoggend om 08:00 op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe naby Windhoek land.



Woensdag 2 September 1998

• Die naam van die eerste Namibiër wat met sy lewe in die Kongo-rebellie betaal het is bekend, ten spyte van die grootste moontlike amptelike geheimhouding terwyl op bevestiging van nog minstens vyf gesneuweldes vanuit Namibië gewag word.

• Honderde passasiers moes gister op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in vliegtuie wag en geskeduleerde vlugte is vertraag midde die Regering se geld-ontvangs vir pres. Fidel Castro, een van die vernaamste ondersteuners van Swapo se vryheidstryd.

• Die Torra-bewaringsgebied in die Kunenestreek word die naweek luisterryk geopen wanneer dit as 'n kommunale bewaringsgebied geregistreer is.



Donderdag 3 September 1998

• President Sam Nujoma het ­gister sy ontplooiing van ­Namibiese soldate in die Demo­kratiese ­Republiek van die Kongo (DRK) aan bykans sestig ­staatshoofde en afgevaardigdes van 113 lande verdedig en gesê hy verwag dat die beweging van Onverbonde Lande (NAM) sy posisie sal steun.

• Die probleem rondom die onwettige besetting van 56 Herero-boere op regeringsplase in die Ondjondjupa- en Omaheke-streke is gister sonder enige voorvalle opgelos.



Vrydag 4 September 1998

• Inwoners van verskeie kleiner nedersettings in die Okavango staal hulle vir militêre aggressie uit die suide van Angola ná 'n hernieude dreigement deur die Unita-beweging om blitsaanvalle op verskeie teikens in Namibië te loods.

• Namibië staar moontlike diplomatieke stappe teen dié land in die gesig indien die Namibiese weermag nie uit die Demokratiese Republiek van die Kongo onttrek nie , het die Amerikaanse adjunk-minister van Buitelandse Sake: Buro vir Afrika-aangeleenthede, dr. Susan Rice, gister uit Washington gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!