20 Jaar Gelede
Maandag 28 September 1998
• Diamante met 'n Angolese oorsprong en 'n onderneming met bande in Israel, Rusland en Brasilië blyk betrokke te wees by die polisie-ondersoek waartydens 27 kilogram ongeslypte diamante Donderdag by Windhoek gekonfiskeer is.
• Die omvang van Namibië se militêre betrokkenheid in die DRK is blykbaar aansienlik groter as wat aanvanklik gemeen is.
Dinsdag 29 September 1998
• 'n Derde termyn vir pres. Sam Nujoma gaan vandeesweek grondwetlike geskiedenis word wanneer die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, by wyse van 'n kennisgewing in die Parlement dié en ander wysigingspogings gaan voorstel.
• Die Weste se politieke leier met die langste diens, kanselier Helmut Kohl van Duitsland, is uit die kussings gelig deur sy opponent van die Sosiaal-Demokrate (SPD), mnr. Gerhard Schroeder.
• 'n Debakel van internasionale omvang is besig om in Windhoek te ontvou ná die inhegtenisneming van 'n burger van Israel en die beslaglegging op sowat 27 kilogram ru-diamante uit Angola.
Woensdag 30 September 1998
• Die eerste stap deur Swapo om 'n derde termyn vir mnr. Sam Nujoma te verseker, is gister vir eers nie geneem nie.
• Openbare verset rol aan teen 'n salarispakket van meer as N$53 000 per maand vir Windhoek se stadsklerk en munisipale salarisaanpassings van tussen 15 en sestig present waarvoor die hoofstad se belastingbetalers nou sal moet opdok.
• Verreikende veranderinge aan die verkiesingswet word voorgestel in die Wysigingswet op Verkiesings wat gister in die Nasionale Vergadering deur die Minister van Justisie, dr. Ernst Tjiriange, ter tafel gelê is.
Donderdag 1 Oktober 1998
• Dronkbestuur en omgewingsbesoedeling word ingevolge 'n presidensiële dekreet nie langer in Namibië geduld nie.
• Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, het gister onder luide toejuiging deur Swapo-lede in die Nasionale Vergadering (NV) kennis gegee dat die eerste grondwetlike wysigings volgende Woensdag deur hom gemotiveer sal word.
• Die saak teen die Israeliese vrou wat verlede week met 37 kilogram diamante in haar besit by die internasionale lughawe Hosea Kutako gevang is, sal vanoggend in die Hoërhof in Windhoek begin.
Vrydag 2 Oktober 1998
• Een van die mans wat ná Woensdag se gewapende roof op Karibib in hegtenis geneem is, kan waarskynlik Suid-Afrika se mees gesoekte ontsnapte wees en forensiese getuienis sal hopelik vandag reeds dié vermoede óf bevestig óf weerlê.
• Die volle verhaal agter Namibië se betrokkenheid as 'n wettige deurgangsroete vir diamante uit Angola na Israel het gister in die Hoërhof begin ontvou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie