20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 15 Maart 1999

• Die aanslag van stygende lewenskoste versterk van vandag af sy greep op Namibiërs wanneer die eerste prysverhogings in stapelvoedselprodukte in werking tree.

• Die DTA van Namibië het hom die afgelope naweek op 'n twee dae lange vergadering van die sentrale komitee vierkantig agter mnr. Katuutire Kaura as presidensiële kandidaat teen mnr. Sam Nujoma geskaar.

• 'n Byeenkoms vir motor- en motorfietsgeesdriftiges in Suider-Afrika wat reeds vir byna twintig jaar in Namibië plaasvind, is in omstredenheid gedompel.



Dinsdag 16 Maart 1999

• Die bandeloosheid wat huurmotorbestuurders in die stad aan die dag lê, sal binnekort by wysiging van strenger implementering van die verkeerswet kortgeknip word.

• Alle ratte van die DTA van Namibië is ge-olie om dié party se eerste kongres sedert onafhank­likwording binne die volgende twee maande te hou.

• Ministers en senior verteenwoordigers van sowat 120 lande het hulle kommer uitgespreek oor die oorbenutting van die wêreld se belangrikste seevis-hulpbronne, vernietigende en verkwistende visserypraktyke, en oortollige vermoëns van baie visseryvlote.



Woensdag 17 Maart 1999

• Die minister van Landbou en Waterwese, mnr. Helmuth Angula, het gister skokgolwe deur die reeds geknelde boerderygemeenskap gestuur toe hy in die Nasionale Vergadering aangekondig het dat geen droogtehulp in die komende jaar of twee beskikbaar sal wees nie.



Donderdag 18 Maart 1999

• Die bondgenote van pres. Laurent Kabila in die Kongolese burgeroorlog, veral Namibië, is onverwags in die verleentheid gedompel toe die DRK-staatshoof onthul het dat sy regering verantwoordelik is vir die betaling van alle oorlogsuitgawes.

• Nog 'n grusame moord het Swakopmund geskud toe 'n werker 'n vrou se kopbeen met 'n graaf oopgekloof het.

• TransNamib, die Namibiese nasionale vervoerkorporasie, is 'n bodemlose put waarin vóór onafhanklikheidswinste en reserwes aanhoudend verdwyn.



Vrydag 19 Maart 1999

• Die NDF-beleg van Caprivi en die gevolglike oorname van burgerlike administrasie deur Weermaglede het byna menselewens gekos toe 'n NDF-kaptein geweier het dat 'n Aeromed-reddingsvliegtuig op die lughawe M'Pacha buite Katima Mulilo kon land.

• 'n Vrou word vermis nadat 'n motor gisteraand in die Gammams-woonbuurt in Windhoek se westelike voorstedelike gebied deur vloedwater meegesleur is.

• Die onderwyskrisis in Namibië het tydens die eerste openbare sitting van die Presidensiële Kommissie oor Onderwys, Kultuur en Opleiding uitgeloop op 'n dreigement van 'n boikot van die aanstaande verkiesings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!