20 Jaar Gelede
Maandag 20 Oktober 1997
• Die onsekere veiligheidsituasie in Angola en 'n strukturele fout aan die Gove-dam wat sowat 25 jaar gelede in dié land deur Namibië gebou is, maak 'n damskema by die Epupa-waterval in die Kunenerivier die beste keuse vir die opwekking van waterkrag.
• Alle oë is vandeesweek op handelsbanke gevestig om uitleenkoerse met minstens een persent te verlaag ná 'n aankondiging dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy uitleenkoers na 16 persent verlaag het.
Dinsdag 21 Oktober 1997
• Die Kersfees het vroeg gekom vir Namibiërs toe die Goewerneur van die Sentrale Bank, mnr. Tom Alweendo, gistermiddag laat aangekondig het dat die bank se uitleenkoers vandag van 17, 75 persent tot 16 persent verlaag word.
• Sowat twintig skape het die naweek in die Bethanie-omgewing verdrink toe die Konkieprivier in volle sterkte gevloei het en 'n toeristekamp aan die oewer ontruim moes word.
• Onwettige optrede deur lede van die polisiemagte van Namibië sowel as Angola en motor- en veediefstal is van die vernaamste misdaadvoorvalle wat die afgelope tyd by die grensposte van Santa Clara en Oshikango aangeteken is.
Woensdag 22 Oktober 1997
• Meatco is genasionaliseer. Dit sal eers as 'n staatskorporasie bedryf word voor weer oorweging gegee sal word aan die moontlikheid dat kommersiële veeboere 'n aandeel in hierdie bemarking- en verwerkingskleinood van der miljoene dollars sal hê.
• Die visdroogbedryf in Namibië gaan in die volgende dae aansienlik uitgebrei word met twee produksie-eenhede wat op Walvisbaai en Usakos onderskeidelik opgerig gaan word.
• Die voertuig van die Adjunk-speaker het gister opslae in die Parlement gemaak. Ondanks 'n motorplanvoordeel in die Salarisse en Lonekommissie (Wascom) se verslag, ry eerw. Zephania Kameeta in 'n nederige Toyota Corolla wat hy vanjaar in Januarie aangeskaf het en waaraan hy afbetaal.
Donderdag 23 Oktober 1997
• Die eertydse gewapende vleuel van Swapo, Plan, en die Kabinet onder voorsitterskap van die President, mnr. Sam Nujoma, neem vanoggend in loopgrawe teenoor mekaar stelling in oor die slepende werkloosheid- en vergoedingskwessie van voormalige vegters.
• Wetlike “skokterapie” gaan deur die Regering toegepas word om die stygende vlaag van verkeersoortredings aan te spreek en veral dronk, roekelose en nalatige motorryers in die land vas te vat.
Vrydag 24 Oktober 1997
• 'n Leeu het 'n boer van Okahandja met ernstige byt- en krapwonde aan sy agterkop gelaat ná 'n doodstryd Woensdag op Omatako Ranch. Die leeu het met sy lewe geboet.
• 'n Boikot van die munisipale verkiesings kan volg as die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, weier om aan die eise van voormalige Planvegters gehoor te gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie