20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 24 Augustus 1998

• Namibië het weer 'n wêreldkampioen in sport! Presies vyf jaar nadat Frankie Fredericks die 200m-titel in atletiek gewen het, het Harry Simon die houer van die Wêreldboksorganisasie se junior middelgewigkroon geword.

• Teen gisteraand was Namibië aan albei kante van die speelveld besig in 'n soeke na 'n oplossing vir die DRK-kwessie met 'n groep Ministers wat 'n vreedsame oplossing vir die oorlog saam met Suid-Afrika nastreef en 'n faksie wat hulle voorberei op fisiese militêre hulp.

• Dodelike en gevreesde Kongo-koors het 'n boer van Gobabis platgetrek nadat hy dié virale koors vermoedelik ná die byt deur 'n bosluis opgedoen het.



Dinsdag 25 Augustus 1998

• Die DTA van Namibië het gister in 'n politieke noodoperasie sy president, mnr. Mishake Muyongo, geskors, maar geen besluit oor sy voortgesette parlementêre status geneem nie.

• Namibiërs sal nog 48 uur moet wag om te hoor wat die land se standpunte oor en betrokkenheid by die bloedige Kongo-opstand is wat nou feitlik 'n volskaalse oorlog in Sentraal- en lande van Suider-Afrika ontketen het.

• Die Duitse regering het verlede week 21 M.A.N.-vragmotors aan die Ministerie van verdediging geskenk.



Woensdag 26 Augustus 1998

Heldedag



Donderdag 27 Augustus 1998

• Die eerste Namibiese soldate moes duisende kilometers van hul tuistes met hul lewens in die burgeroorlog in die ­Demokratiese Republiek van die Kongo boet. Verder is verskeie NDF-soldate op die Kongolese oorlogsfront gister as vermis aangegee.

• Namibië kan 'n ernstige krisis in die gesig staar indien die regering van president Laurent Kabila in Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) tot 'n val gebring word.

• President Sam Nujoma het gisteroggend onverwags sy vertrouelinge in die verleentheid gestel met 'n openbare aankondiging oor Namibië se militêre betrokkenheid in die DRK.



Vrydag 28 Augustus 1998

• Te midde van onsekerheid oor die afvoer van die eerste ­Namibiese ongevalle en gewondes uit die Demokratiese Republiek van die Kongo gaan die NDF voort met sy massa-uitvoer van soldate, wapens en ammunisie na die oorloggeteisterde land.

• Die masker is af oor Swapo se binnekring-konflik oor Namibië se betrokkenheid by die DRK-rebellie, die derde termyn vir President Sam Nujoma en 'n algemene leierskapkrisis met die skielike bedanking van mnr. Ben Ulenga.

• President Sam Nujoma het Namibië gister op 'n nuwe Pan-Afrikanistiese pad geplaas met nouer bande tussen Afrikalande en die uitwissing van buitelandse invloede in Afrika.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer