20 Jaar Gelede
Maandag 12 Oktober 1998
• Betrekkinge tussen Suid-Afrika en Namibië balanseer op 'n mespunt nadat Suid-Afrika die skenking van 'n groot hoeveelheid militêre voertuie en oorlogstuig aan Namibië summier opgeskort het.
• Bywoningsrekords het in die slag gebly toe vanjaar se Windhoek Skou Saterdagaand afgesluit is met meer as 100 000 mense wat die skou besoek het.
• 'n Waaghalsige gewapende rooftog deur 'n bende van vyf in Khomasdal het gisteroggend vir een van die mees gesoekte rowers in die land liederlik skeefgeloop toe hy in sy taxi-ontvlugtingsvoertuig deur 'n koeël uit sy eie outomatiese geweer gedood is.
Dinsdag 13 Oktober 1998
• 'n Verhoging in brandstofpryse tree môre in Namibië in werking. Petrol word 2c per liter duurder en diesel styg met 7c per liter.
• 'n Militêre eenheid van Unita het die afgelope naweek chaos in die Kavango-streek veroorsaak en bykans grenskonflik met die NDF ontketen toe daar weens 'n misverstand oor 'n handgranaat-ontploffing op Namibiese piekniekgangers losgebrand is.
• Die oorlog in Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het as gevolg van die militêre ingryping van Angola, Zimbabwe en Namibië nou 'n skaakmatposisie bereik wat president Laurent Kabila en rebelle-leiers sal dwing om oor vrede te onderhandel.
Woensdag 14 Oktober 1998
• Tegniese flaters het gister 'n beduidende rol gespeel met die tydelike onttrekking in die Parlement van die nou reeds omstrede mosie oor die eerste Grondwetlike veranderinge.
• Gemoedere onder sakelui in die Ausspanplatz-omgewing in Windhoek loop hoog ná kommer oor sy veiligheid die Amerikaanse ambassade gedwing het om amptelik 'n versoek te rig dat Lössenstraat vir verkeer gesluit word.
Donderdag 15 Oktober 1998
• Die politieke en diplomatieke storm rondom 'n skenking deur Suid-Afrika van 24 G4-kanonne en altesame 148 militêre voertuie aan Namibië woed voort.
• 'n Ernstige waarskuwing is gister in die Nasionale Vergadering (NV) aan ontevrede elemente in Namibië en Afrika gerig wat wettige regerings omver wil werp dat met beslistheid teen hulle opgetree sal word.
Vrydag 16 Oktober 1998
• Die Speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Mosé Tjitendero, het gister teen die advies van die presidensiële regsadviseur en Prokureur-generaal, adv. Vekuii Rukoro, die grondwetwysigingsmosie onproseduurlik laat dien.
• 'n Sterk beroep vir die gebruik van “skoner tegnologie”op aarde, is gister in Windhoek deur President Sam Nujoma gedurende die amptelike opening van die vierde wêreldkongres van Zero Vrylatingsnavorsing en –inisiatiewe (ZERI) gemaak.
• In 'n verrassende stap het President Sam Nujoma die verkiesingsdatum van 1 Desember herroep en afgekondig dat die streeksverkiesing nou op 30 November en 1 Desember sal geskied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie