20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 1 Oktober 2001

- Ondanks kwynende steun aan die DTA van Namibië het die party se sentrale komitee die naweek verkies om net geringe veranderinge in sy leierskap aan te bring.

- Die opkoms by vanjaar se Windhoekse Landbou-en-Nywerheidskou het vanjaar nuwe hoogtepunte bereik met meer as 40 000 mense wat die afgelope naweek deur die hekke beweeg het in vergelyking met die net meer as 30 000 verlede jaar.

- In ’n dramatiese wending om ’n internasionale koalisie teen terrorisme op te bou, het die VVO se Veiligheidsraad eenparig ’n resolusie aanvaar wat eis dat lande die geld van terrosisteverdagtes vries en optree teen die groepe wat terreur steun.

Dinsdag 2 Oktober 2001

- Die eerste hindernis om TransNamib op koers te kry, is gister met ’n salarisooreenkoms vir die nagenoeg 2 300 werknemers tussen die vervoerkorporasie se bestuur en die Namibiese Unie vir Vervoer en Verwante Werkers (Natau) uit die weg geruim.

- Namibië het sy onvoorwaardelike steun aan die wêreldwye stryd teen terrorisme toegesê en al sy middele, hoe beperk ook al, aangebied.

- Te veel tyd en energie word aan tradisionele verwante aspekte in die Caprivistreek bestee, terwyl die uitwissing van armoede in dié proses agterweë gelaat word.

Woensdag 3 Oktober 2001

- Misdaad is volgens die Windhoekse munisipaliteit die grootste bedreiging vir die lewensgehalte van inwoners.

- ’n Omstrede kooptransaksie van twee straalvliegtuie ter waarde van meer as N$220 miljoen vir die sukkelende Air Namibia is in die weegskaal.

- Die tyd het vir die Taliban uitgeloop om Amerikaanse militêre aanvalle te vermy.

- Namibië het opnuut sy onvoorwaardelike veroordeling van internasionale terrorisme te kenne gegee.

Donderdag 4 Oktober 2001

- Namibiese rookgewoontes in die openbaar gaan kragtens ’n kabinetsopdrag en in ooreenstemming met internasionale tendense drasties ingekort word.

- Tot 40 Topnaar-gesinne weier om agterstallige geld vir huise en munisipale dienste in die Kuisebmond-buurt op Walvisbaai te betaal.

- Ondanks kabinetsbesluite en mooi woorde oor doeltreffende dienslewering in die staat en vermanings in dié verband deur die Eerste Minister, is die toedrag van sake haglik en vereis dit dringende optrede van die Parlement.

Vrydag 5 Oktober 2001

- Namibië se vlekvrye status ten opsigte van die onwettige uitbuiting van die natuurlike hulpbronne en rykdom van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) is gister deur ’n VVO-paneel van kundiges bevestig.

- ’n Veldbrand het 19 spogplase tussen Kamanjab en Outjo in puin gelê en duisende hektare weiding het in die slag gebly.

- Onveranderde brandstofpryse wag dalk in die Kerskous van die Regering vir duisende Namibiese motorryers wat oor twee maande met hul jaarlikse uittog na vakansiebestemmings begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!