20 jaar gelede
Maandag 19 Maart 2001
- President lê die roede in. Van ministers wat in kroeë uithang en werkers wat nie wil werk nie tot wit boere met ’n koloniale mentaliteit en die VSA se propaganda teen China het verlede week op Aussenkehr onder pres. Sam Nujoma deurgeloop.
- Teen die jaar 2003 gaan N$8 miljard die prys wees wat Namibië regstreeks en onregstreeks aan MIV/vigs sal moet betaal.
- ’n Bykomende leningsooreenkoms van N$75 miljoen is tussen Namibië en Frankryk in Windhoek bekend gemaak waarvolgens arbeidsintensiewe konstruksiewerk aan vyf paaie van 191 km in die noordelike dele van die land van stapel gestuur gaan word.
Dinsdag 20 Maart 2001
- Diep kommer oor die stand van die samelewing het gister in pres. Sam Nujoma se toespraak by die Universiteit van Namibië (Unam) deurgeskemer toe hy sover gegaan het om die land as “siek” te bestempel.
- ’n Kruisvaart teen die algehele sekularisering van Namibië se onderwysstelsel werp volgens aanduidings vrugte af.
- Kommer oor die stand van onderwys en die wyse waarop die MIV/vigs-pandemie in Namibië in die nasionale begroting aangespreek word, is gister deur die Kongres van Demokrate (CoD) se skim-minister van finansies, mnr. Tsudao Gurirab, in die Nasionale Vergadering (NV) tydens die tweedelingsdebat van die begroting uitgespreek.
-
Woensdag 21 Maart 2001 (Onafhanklikheidsdag)
Donderdag 22 Maart 2001
- Afrika en Namibië word in die 21ste eeu deur een van sy grootste uitdagings tot nog toe in die gesig gestaar. Die vasteland móét slaag in die bereiking van vrede, stabiliteit, eenheid en welvaart.
- ’n Dringende ondersoek deur die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste na tradisionele genesers wat na bewering vertel dat die verkragting van jong meisies beskerming teen MIV/vigs-besmetting bied, is deur pres. Sam Nujoma gelas.
- Gister se onafhanklikheidsvieringe op Okahandja het op ’n treurige noot geëindig deurdat ’n woordewisseling tussen twee jong mans in moord ontaard het.
Vrydag 23 Maart 2001
- Die oesverwagtinge in van Namibië se belangrikste graanproduserende gebiede het die afgelope 48 uur dramaties verbeter danksy neerslae van tussen 16 mm en 80 mm in die noordelike en oostelike akkerbougebiede.
- Die begrafnis van ’n offisier van die Namibiese Weermag (NDF) vandag op Inzu in die Kwagali-stamgebied het die grootste geheimhouding en amptelike sensuur oor Namibië se ongevalle in Unita-offensiewe in Suid-Angola oopgeruk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie