20 JAAR GELEDE
DINSDAG 27 MEI 1997
• Geen sekerheid bestaan of die President, mnr. Sam Nujoma, ondanks groeiende druk uit partystrukture tot 'n derde termyn en grondwetlike verandering sal instem nie.
• Internasionale sakelui se mislukte poging om kernafval in Namibië te stort is verlede week onthul, terwyl die sakebelange van die ontslape entrepreneur, mnr. Walter Rihs, onder die vergrootglas gekom het.
• Snerpende koue wat met reën en stormwinde gepaard gegaan het, het dié naweek ligte veeskade in die Suide veroorsaak en toeriste-bedrywighede op Lüderitz ontwrig.
WOENSDAG 28 MEI 1997
• Die Karasberge in die verre Suide van Namibië het gisteroggend nog 'n sneeumus gedra, terwyl ander bergreekse ook in die voorwinter onder 'n sneeukombers was.
• NamPower gaan in die aanstaande jare die grootste belegger nog in Namibië – beide voor en ná Onafhanklikheid – word met 'n totale nuwe belegging van miljarde dollars wat gerig sal wees op die voorsiening van elektrisiteit aan meer as 80 persent van die bevolking en die elektrifisering van sowat 90 persent van alle kommersiële plase.
• 'n Aanleg vir die ontsouting van seewater gaan binnekort naby die bekende Paaltjies-visvangplek digby Walvisbaai op die pad na Sandvishawe opgerig word.
DONDERDAG 29 MEI 1997
• Namibië is steeds die utopia waarvoor President Sam Nujoma en ander vryheidsvegters 23 jaar lank bereid was om die hoogste offer te bring. Sy utopia is egter 'n land waarin joernaliste nie kritiek lewer nie, maar eerder hulle goed kan pak en gaan.
• Die bemagtiging van vrouens in Namibië het gister 'n aansienlike hupstoot gekry met 'n voorstel deur die President, mnr. Sam Nujoma, dat Swapo voortaan meer as vyftig present vroulike kandidate op Swapo se kandidatelyste vir verkiesings moet insluit.
VRYDAG 30 MEI 1997
• Ondanks formele aankondigings dat die nuwe munisipale begroting van Windhoek geen belangrike tariefaanpassings gaan meebring nie, gaan inwoners van die hoofstad gebombardeer word met 'n wye reeks van verhogings van tot so hoog as 47 persent vir sekere dienste.
• Hewige kritiek deur inwoners van Swakopmund het tot gevolg gehad dat Rössing Uranium se finale voorlegging oor die beoogde Kahnrivierwateraanvullingskema aan die regering vir 'n onbepaalde tydperk uitgestel word.
SONDAG 1 JUNIE
• Hentiesbaai se twisappel het omgeval. 'n Muur om die sokkerveld wat nou reeds weke lank 'n kwessie is, het Vrydagoggend oor 'n afstand van sowat 70 m op sy rug gelê ná windstorms die nag en in die vroeë oggendure.
• Die Regering kan jaarliks taamlik hoë verliese ly indien die administrasie rondom die toekenning en terugbetaling van beurse nie doeltreffend gehanteer word nie, sê die Adjunk-Ouditeur-Generaal , mnr. Walter Barth.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie