20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 18 Oktober 1999

- Een van die uitgerekste myntransaksies nog kan vandag op die spits gedryf word wanneer ‘n vergadering van TCL-krediteure ‘n besluit moet neem of die myngroep wel aan die Australiese maatskappy Metals and Minerals Corporation of Namibia (MCC) verkoop kan word.

- ‘n Gruwel van Afrika het voor ‘n Spaanse jagter in die veld op ‘n Omaruru-plaas ontvou toe hy op die karkasse van 13 wildsbokke en twee sebras afgekom het.

- Drie dae in Unita-aanhouding het gistermiddag vir vier jong Namibiese seuns van ‘n nedersetting in Kavango tot ‘n einde gekom.

Dinsdag 19 Oktober 1999

- Diepe terleurstelling uit regeringskringe was gisteraand die slothoofstuk in nog ‘n skaakmatsituasie met die omstrede TCL-transaksie.

- Sowat tweeduisend pendelaars van Rehoboth is op die oorlogspad nadat Windhoek se munisipale verkeersafdeling sedert verlede week op die eienaars van saamryvoertuie toegeslaan het.

- Die doeltreffendheid van die veiligheidsafdeling van die Windhoekse munisipaliteit het gister daartoe gelei dat ‘n inbreker sy rieme styfgeloop het.

Woensdag 20 Oktober 1999

- Dreigemente van geweld in ‘n hotel in verre Frankryk was die laaste blokkie in ‘n legkaart van bisarre Namibiese Wêreldbeker-optrede voordat die geestelik en fisiek uitgeputte span gister uit Duitsland in Windhoek aangekom het.

- Partymasjinerie is aan die rol vir die komende verkiesing deurdat die Monitor-Aksiegroep (MAG) gister die eerste was om kandidatelys bekend te maak.

- Twee Windhoekers wat in ‘n stadium in die Delmonte-woonstelle bure was, het gister ontken dat hulle ‘n voertuig van Coin Security meer as ‘n jaar gelede op die Westelike Verbypad by die stad van sowat N$1 miljoen beroof het.

Donderdag 21 Oktober 1999

- Beweringe dat senior munisipale amptenare betrokke is by grootskeepse bedrog en wanpraktyke in die stad se administrasie, is gister deur mnr. Vinson Hailulu, stadsklerk van Windhoek, ten sterkste ontken.

- Kommunale sal nie stilgemaak word deur die onverwagte besluit van die regering om die president van die Namibiese Nasionale Boere-unie (NNFU), mnr. Gabes Shihepo, as adjunkminister aan te stel nie.

- Die omstredenheid romdom die Rehoboth-saamrygeleenthede het gister verdiep toe dit ‘n draai in die hoogste gesagsliggaam van die land gaan maak het.

Vrydag 22 Oktober 1999

- Dringende wysigings aan die Kieswet was gisteraand ‘n prioriteit toe wat die laaste sitting van die Nasionale Vergadering voor die komende verkiesings sou wees, tot 2November uitgestel is.

- Namibië behoort net een Ministerie van Onderwys uit die bestaande twee te skep ten einde duplisering uit te skakel, kostes te besnoei, en samewerking en verantwoording te bevorder.

- ‘n Stoof wat nie afgeskakel is nie, het byna die Sekondêre Skool Petrus !Ganeb se koshuis in puin gelê.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer