20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 21 Januarie 2002

- Die Bank of Namibia (BoN) het Vrydag die repokoers van 9,25% na 10% verhoog.

- Die Europese Unie en Amerika is deur die kongres van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) as “vyande van Afrika” bestempel in die lig van die voorgenome sanksies wat hulle teen Zimbabwe oorweeg.

- Kongolese wat voor Afrika se mees verwoestende vulkaniese uitbarsting in 25 jaar uitgevlug het, het begin om na hul huise terug te keer ondanks die gevaar dat nog lawa oor Goma kan vloei.

- Die Minister van Werke, Vervoer en Kommunikasie, mnr. Moses Amweelo, moet onmiddellik uit sy pos bedank.

Dinsdag 22 Januarie 2002

- Die sardynbedryf – eens sterk steunpilaar van die Namibiese visbedryf het in duie gestort.

- Die DTA van Namibië het op sy bosberaad buite Windhoek die party se steun aan die posisie van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) rakende watervoorsiening toegesê.

- ’n Graad 1-knaap van net sewe jaar oud by die Benediktynerklooster, Waldfrieden, het verlede week die skok van sy lewe gekry toe hy saam met sy priester by ’n plaashek voor ’n speelgoedvuurwapen moes staan en toe ontvoer is.

- Goeie reënbuie het teen gistermiddag nog oor groot dele van die land geval.

Woensdag 23 Januarie 2002

- Die onlangse prysverhogings in van die mees basiese Namibiese stapelvoedsel gaan na verwagting binne die volgende twee weke nog verder as die gemiddelde verhoging van 8,5% die afgelope maand styg.

- Besonderhede van ’n volledige besigheidsplan ingevolge waarvan die Suid-Afrikaanse Lugdiens 51% aandele in Air Namibia kan bekom, het gister uit Johannesburg begin lek midde-in aanduidinge dat ’n vars bestuurspan op 1 April beheer van die nasionale lugredery en sy skuldlas van sowat N$2 biljoen oorneem.

- Die laaste woord oor die veelbesproke nuwe hengelregulasies wat in Desember in werking getree het, is nog lank nie gespreek nie.

Donderdag 24 Januarie 2002

- Die stewige infrastruktuur van Swabou en die paar goeie rekeninge wat van die City Savings and Investment Bank (CSIB) oorgebly het, moet gebruik word as die grondslag waarop die nuwe Swabou Bank lewensvatbaar gemaak kan word.

- Die SAL het gister op die vooraand van ’n verwagte lugvaart-rewolusie in Suider-Afrika sy hand in vriendskap na die gestrande Air Namibia uitgereik met die oog op ’n moontlike vennootskap wat gister deur Republikein onthul is.

Vrydag 25 Januarie 2002

- Woedende voormalige Plan-vegters moes laat gistermiddag deur oud-kamerade in die Namibiese polisie en weermag onder bedwang gebring word tydens ’n protesvergadering oor wanbetaling vir werk wat hulle reeds aan die helde-akker vir gevalle Swapo-stryders buite Windhoek gedoen het.

- Pres. Sam Nujoma spreek môre ’n openbare vergadering in die hoofstad toe waartydens sake wat die lewensgehalte van Windhoekers raak, aangespreek sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!