20 Jaar Gelede
Maandag 15 September 1997
• 'n Amerikaanse militêre vliegtuig wat om 16:00 Saterdag van die Windhoekse internasionale lughawe opgestyg het op 'n vlug na Hemelvaarteiland (Ascension-eiland) en 'n vliegtuig van die Duitse weermag wat Saterdag op pad was na Windhoek waar dit brandstof sou inneem op sy vlug na Kaapstad, het volgens alle aanduidinge in die lug oor die Atlantiese oseaan teen mekaar vasgevlieg.
• Die staking deur Meatco-werkers is Vrydagmiddag amptelik deur die vakbond vir groot- en kleinhandelbedrywe (NWRWU) beëindig.
Dinsdag 16 September 1997
• Die Seekus van die Dood het nog 'n ramp met 'n onopgeloste raaisel op sy kerfstok. Namibië se Atlantiese gebiedswaters hou die sleutel tot die naasgrootste lugramp in die land se geskiedenis nadat wrakstukke van een van die twee vermiste vliegtuie op twee plekke naby Möwebaai opgespoor en die eerste liggaam in die see naby die ramptoneel gesien is.
• Hartroerende tonele het hulle Vrydagmiddag in Acaciastraat in Suiderhof afgespeel toe 'n matriekmeisie 'n jaaroue baba uit 'n koma kon bybring nadat sy in 'n onbewaakte oomblik in 'n groterige houer met water geval het. Madelaine Vermeulen, 'n graad 12-leerling aan die Hoërskool Windhoek, het gister uit haar ouerhuis in Suiderhof vertel hoe sy die eenjarige Bea Vries uit die kake van 'n tragiese waterdood gered het – met tegnieke wat sy op die televisieprogram Baywatch gesien het.
Woensdag 17 September 1997
• Wrakstukke van die Amerikaanse Starlifter C-141 is gister vir die eerste keer positief uitgeken. Die oorskot van een van die twee Duitse vroue wat op die Tupolef 154 was, is ook uit die see gehaal.
• Namibië se vleisuitvoere na Europa gaan voort ondanks die opskorting van EU-status by die Windhoek-aanleg van Meatco.
Donderdag 18 September 1997
• 'n Boodskap van medelye deur die President van Namibië aan die Duitse en die Amerikaanse regering ná die vliegramp aan die Skedelkus is gevolg deur skerp aanklagte deur die Duitse minister van verdediging teen die Namibiese regering.
• Die effense verligting in primakoerse wat Standard Bank Namibië gister aangekondig het, is net die voorloper van verdere aansienlike verlaging in rentekoerse wat in die komende jaar sal volg.
Vrydag 19 September 1997
• 'n Storm het in die Kabinet losgebars na aanleiding van die aankondiging van die President waarin hy hom gedistansieer het van die voorgestelde aftreevoordele van politieke ampsdraers en die eensydige besluit wat geneem is oor die afskaffing van die huishulptoelaes vir ministers en hul adjunkte.
• Etniese spanning het opnuut in die westelike dele van Owambo opgevlam nadat 'n uitsettingsbevel op die Ovazemba-opperhoof, mnr. Jonas Shikulya Tjikuria en verskeie van sy volgelinge, bestel is om die Uukolonkadhi-stamgebied van Hoofman Daniël Shooya te verlaat en na Angola terug te keer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie