20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 25 Junie 2001

- Inwonersontevredenheid en onreëlmatighede het die waardasie van sowat 43 000 eiendomme in Windhoek tot stilstand geruk.

- Die beweerde onvermoë van die bestuur van die Universiteit van Namibië (Unam) om studente wat hulle aan wanpraktyke skuldig maak te diskwalifiseer wat hulle vir leierskapposisies in die studenteraad verkiesbaar te stel, sal die beeld van die inrigting net verdere skade berokken.

- Die opruiming en instandhouding van Namibië se internasionale grense gaan voortaan meer aandag geniet.

Dinsdag 26 Junie 2001

- Terwyl NBC-werknemers se geduld oor salarisverhogings opraak en dreigemente van ’n staking opklink, is alle ratte geolie om ’n interne ouditeur spoedig by die staatsuitsaaier aan te stel om beter beheer oor die finansies van die korporasie uit te oefen.

- Oproepe om strenger wetgewing wat die drastiese toename in alkoholmisbruik en dwelmgebruik onder jongmense in Namibië kan beheer, het op die vooraand van Wêreldnarkotikadag opgeklink.

- Aanklagte teen twee van die sewe mans wat verlede jaar na bewering N$5,3 miljoen in ’n rooftog buite Windhoek gebuit het, is teruggetrek.

Woensdag 27 Junie 2001

- Terwyl dr. Libertina Amathila, Minister van Gesondheid en Maatskaplike Dienste, gister in New York ’n pleidooi om bekostigbare antiretrovirale medisyne aan die VVO gerig het, het verskeie medisynevervaardigers gesê hulle het reeds hul regmatige bydrae gelewer om dit teen verlaagde pryse aan arm lande te bied.

- Veiligheid teen Unita-aanvalle op Namibië se grens met Angola was een van die vraagstukke wat onder die loep gekom het op die spitsberaad gister in Lusake tussen pres. Sam Nujoma en sy Angolese en Zambiese ampsgenote, mnre. José Eduardo dos Santos en Frederick Chiluba onderskeidelik.

Donderdag 28 Junie 2001

- Kommersiële boere het ’n gedragskode aanvaar om betrekkinge met hul arbeiders te verbeter.

- Ongegronde uitsprake oor die oorsprong van MIV/vigs dra niks by vir die hewige stryd waarin die mensdom gewikkel is om die pandemie te beveg en deur waarskynlik een van sy grootste gesondheidsuitdagings tot nog toe te dra nie.

- Beloftes van geen tariefverhogings ingevolge die begroting van die Windhoekse stadsraad is omgekeer deur ’n dubbele skok wat op inwoners wag. Elektrisiteitstariewe word met 3 persent en eiendomsbelasting met 7 persent verhoog.

Vrydag 29 Junie 2001

- Die skok-afdanking gister van twaalf senior bestuurders van Air Namibia was een van die laaste opdragte van die besturende direkteur, dr. Jaafar bin Ahmad, wat binnekort ook sy dienste by die bankrot nasionale lugredery sal beëindig.

- Die politieke en ekonomiese onstabiliteit in Zimbabwe het reeds die hele Suidelike Afrika, insluitende Namibië, se ekonomieë benadeel met wisselkoerse wat verswak teen buitelandse geldeenhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!