20 jaar gelede
Maandag 4 September 2000
- ’n Amerikaanse toeris het gisteraand na San Francisco teruggekeer om ’n operasie aan sy regterarm en knie te ondergaan nadat hy Saterdag omstreeks 14:30 deur ’n olifantkoei in die Khorixas-omgewing bestorm is.
- Die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) sal in alle waarskynlikheid vandeesweek se millennium-spitsberaad van die VVO in New York oorheers, sê diplomatieke waarnemers.
Dinsdag 5 September 2000
- Air Namibia se Boeing 747-400 Combi moes Sondagaand op sy Frankfurt-vlug inderhaas na Luanda in Angola uitwyk toe nie genoeg brandstof op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako beskikbaar was nie.
- ’n Deel van die brand wat Namibië se digs bevolkte streek bykans twee weke lank geteister het, het in Angola ontstaan en grootskeepse verwoesting in die Ruacana-kiesafdeling gesaai, het rampkenners van die Kantoor van die Eerste Minister gister bevestig.
Woensdag 6 September 2000
- ’n Gemiddelde prysstyging van 12,6% in alle brandstofpryse is die skok wat aanstaande Dinsdag op Namibiërs wag volgens ’n nuwe stelsel waarmee pryse kwartaalliks aangepas word.
- ’n Dokument wat waarskynlik deur die agt grootste nywerheidslande in die wêreld (die sogenaamde G8-lande) as ’n bloudruk vir maatreëls teen die handel in bloeddiamante gebruik sal word, is gister in Windhoek gefinaliseer.
Donderdag 7 September 2000
- ’n Skeepskaptein van Turkye het gister op Walvisbaai ’n boete van N$8 000 betaal en 18 verstekelinge uit die Demokratiese Republiek van Kongo is in die hawedorp se tronk nadat die hawepolisie, die Polisie en amptenare van die Departement van Immigrasie Maandag op die Turkse boot Lima toegeslaan het.
- Air Namibia het gister in Pretoria die eerste transaksie vir die huur en instandhouding van Boeing 737-vliegtuie in ’n nuwe ooreenkoms tussen ’n Suid-Afrikaanse lugredery en Boeing onderteken.
Vrydag 8 September 2000
- Namibië het sy grootste enkele belegging vir ontwikkeling sedert onafhanklikheid ontvang. Op die tafel is ’n ekonomiese inspuiting van miljarde Namibiese dollars vir die ontwikkeling van die Suide se mynboupotensiaal.
- Die Namibiese Regering het ’n morele verpligting om vergoeding vir oorlogverliese aan inwoners van Kavango te betaal.
- Swaargewapende lede van die Namibiese veiligheidsmagte is inderhaas by verskeie nedersettings in Kavango ontplooi nadat inwoners alarm gemaak het van die teenwoordigheid van ’n beweerde Unita-troepemag van sowat vyfhonderd man.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie