20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 9 November 1998

• Die sabotasie van die Bagani- en Kongola-brûe in Caprivi moes vandag die gewapende stryd tot die Caprivi-afstigting inlui.

• President Sam Nujoma het Botswana formeel versoek om die leier van die United Democratic Party, mnr. Mishake Muyongo en sy “terroristebende,”aan Namibië uit te lewer sodat hulle op aanklagte van hoogverraad tereg kan staan.

• Twee moorde en 'n gewapende rooftog by 'n bekende hotel in Windhoek oorheers die misdaadverslag van die naweek.



Dinsdag 10 November 1998

• Swapo se eertydse goue seun maar deesdae die party se swartskaap, mnr. Ben Ulenga, is uit die sentrale komitee van die party geskors.

• Namibië verwelkom die diplomatieke deurbraak wat Vrydag in die soeke na 'n oplossing vir die dralende oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) gemaak is.

• Die DTA van Namibië het 'n formele versoek vir die uitstel van streekverkiesings in die Caprivi-streek tot die Verkiesingskommissie gerig.



Woensdag 11 November 1998

• Ingrypende veranderinge staar die staat se twee vervoerkomponente, TransNamib en Air Namibia, in die gesig.

• Die langerwagte daling in die uitleenkoers van handelsbanke het gister begin met 'n aankondiging deur Commercial Bank of Namibia dat sy prima-koers van 24,25 tot 23,5 persent daal.

• Vonke is besig om behoorlik te spat tussen bekommerde moeders en shebeen- en disko­klub-eienaars oor 'n toename in rusverstoring en die beskikbaarstelling van drank en dwelms aan minderjariges.



Donderdag 12 November 1998

• 'n Burgerlike van Caprivi verkeer in 'n bedenklike toestand in die hospitaal op Katima Mulilo nadat hy deur lede van die Namibiese Polisie geskiet is tydens 'n nagtelike operasie teenaan die grens met Botswana.

• Die internasionale beweging van homoseksueles en Lesbiërs gaan gemonster word teen die Namibiese regering en sy beplande wetgewing teen homoseksueles.

• 'n Amptelike ondersoek is deur die Verkiesingskommissie gelas om te bepaal of die toestand in Caprivi 'n vrye en regverdige verkiesingsveldtog en verkiesings moontlik sal maak.



Vrydag 13 November 1998

• Owerhede in Namibië en ­Botswana maak hulle gereed vir 'n massa-uittog van Namibiërs wanneer die skole aanstaande week in die Caprivi-streek sluit.

• Die lankverwagte Kabinetsverslag oor voormalige vegters is gister amptelik aan die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, oorhandig.

• Met net meer as twee weke oor in die aanloop tot die komende Streeksverkiesings op 30 November en 1 Desember, is die eerste voorval van beweerde verkiesingsintimidasie by die Polisie aangemeld.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!