20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 27 November 2000

- Die begin van die Kersseisoen het dié naweek op ’n treurige noot vir ’n paar Namibiese gesinne begin.

- Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) het vanoggend net na middernag in werking getree maar meeste handelaars in Windhoek het reeds gister BTW begin vra.

- Die verskyning Vrydag in ’n laerhof in Kaapstad van ’n amptenaar van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste en ’n Windhoekse makelaar, het lig gewerp op die gewaagde rooftog buite Windhoek ’n week tevore waartydens N$5,3 miljoen van ’n sekuriteitsmaatskappy gebuit is.

Dinsdag 28 November 2000

- Winkeleienaars wat die nuwe stelsel van belasting op toegevoegde waarde (BTW) misbruik om prysverhogings te regverdig, sal streng vervolg word, het mnr. Nangolo Mbumba, Minister van Finansies, gisteraand gewaarsku.

- Ondersoeke word ingestel na die beweerde uitbuiting van die staat se mediese fonds.

- Die wetsontwerp op onderwys is skerp gekritiseer deur vakbonde en organisasies wat voorstelle aan die parlementêre komitee oor menslike hulpbronne voorgelê het.

Woensdag 29 November 2000

- Twee ontvoerde Namibiese meisies het twee maande se hel van herhaaldelike verkragting deur twee vragmotorbestuurders ontsnap wat hulle ’n saamrygeleentheid gegee en in Suid-Afrika as seksslawe aangehou het.

- Strominge in die visbedryf vloei al hoe sterker met beweringe dat twee fabrieke wat aanvanklik geen hernuwing in vangregte gekry het nie, uiteindelik bo ander konsessiehouers bevoordeel is.

- Meer as 100 000 mense het ’n skouspelagtige verwelkoming aan pres. Sam Nujoma gegee toe hy Dinsdag ’n staatsbesoek aan Pyongyang in Noord-Korea begin het.

Donderdag 30 November 2000

- Die Namibiese Hoërhof en Regterpresident was gistermiddag in die beskuldigdebank weens die bespotting van regspleging en ondermyning van grondwetlike regering in die weiering van die owerhede om ’n Hoërhofbevel vir die vrylating van die voormalige Namibiese politieke verteenwoordiger van Unita, mnr. José Domingos Sikunda, te gehoorsaam.

- Namibië se posisie in die internasionale diamantbedryf het gister ’n hupstoot van meer as N$700 miljoen gekry deurdat De Beers sy marinemynmaatskappy, Debmarine, in ’n gesamentlike onderneming met Namdeb plaaslike gevestig het.

- Sowat 90 persent van motorongelukke op Namibiese paaie word deur voorkombare menslike foute veroorsaak.

Vrydag 1 Desember 2000

- Die slagaar van plaaslike landbou is in gevaar deurdat Suid-Afrika gister ’n verbod op die invoer van alle lewendehawe uit Namibië ingestel het.

- Een van die belangrikste projekte vir volgehoue ekonomiese ontwikkelling in die land – die nuwe 400 kV-kraglyn tussen Namibië en Suid-Afrika – is gister by die pas voltooide Auas-subkragsentrale naby Windhoek amptelik in gebruik gestel.

- Air Namibia se omstrede versoek om ’n bykomende N$30 miljoen wat uit die gebeurlikheidsfonds van die Ministerie van Finansies betaal is, het gister gedreig om vanjaar se laaste sitting van die Nasionale Vergadering (NV) met kwade gevoelens en harde woorde te laat eindig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!