20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Sanet de Waal
Maandag 20 November 2000

- Suid-Afrika het Namibië die naweek onverwags in ’n grensgeskil gedompel.

- Vermeende Caprivi-afstigtingsrebelle antwoord vanoggend in die Grootfonteinse landdroshof op 265 aanklagte.

- Nagenoeg N$31,5 miljoen gaan vroeg aanstaande jaar as agterskot aan vleisprodusente uitbetaal word vir beeste wat hulle aan Meatco gelewer het.

- ’n Onaangename verrassing wag op mense wat Namibië van aanstaande maand met buitelands geregistreerde voertuie binnekom. Hulle sal heffings van tussen N$70 en N$500 op feitlik alle petrol- en dieselaangedrewe voertuie moet opdok.

Dinsdag 21 November 2000

- ’n Kleiner Kudu-gasprojek word nou vir Namibië alleen oorweeg weens kommer dat samewerking met Suid-Afrika tot vertragings sal lei.

- DIE woordestryd tussen Namibië en Suid-Afrika oor die Oranjerivier-grens het gister in felheid toegeneem.

- Dertien dae ná die Amerikaanse verkiesing weet niemand wie die 43ste president van dié land geen wees nie. Dit is die langste wat Amerikaners in meer as honderd jaar moes wag om te hoor.

- DIE eerste ernstige poging sedert die middel 1970’s om rugby in Katutura te laat herleef, word nou van stapel gestuur.

Woensdag 22 November 2000

- DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het toegetree tot die soektog na die berugte en gevaarlike bende wat verantwoordelik was vir ’n gewaagde transito-rooftog van etlike miljoene dollars Vrydagnag buite Windhoek.

- Terwyl tradisionele Herero- en Mbanderu-leiers op Otjinene besluit het om meer druk op die Regering uit te oefen om sy grondhervormingsprogram te versnel, het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, en sy afvaardiging Maandag uit die buiteland teruggekeer waar hulle steun vir Namibië se planne daaroor probeer werf het.

- DIE misbruik van staatsvoertuie het Maandag weer sterk op die voorgrond getree deurdat Swapo lede in die Nasionale Raad (NR) hulle sterk daarteen uitgespreek het.

Donderdag 23 November 2000

- ’n Huis in die Kaapstadse spogbuurt Kampsbaai het gister in die oggendure tydens die inhegtenisneming van die sewe verdagtes die geheime van die gewaagde transito-rooftog buite Windhoek ontrafel waarin meer as N$5 miljoen verlede Vrydag gebuit is.

- DIE wetsontwerp wat Meatco effektief onder die beheer van die Minister van Landbou plaas en uit die hande van kommersiële boere neem, is gister eenparig in die Nasionale Vergadering (NV) aanvaar.

- Ondanks herhaaldelike noodwaarskuwings dat vigs in Afrika hand uit ruk, het die Namibiese Regering hom blykbaar nie ten volle tot die nasionale aksieplan teen die MIV-pandemie verbind nie.

Vrydag 24 November 2000

- DIE Europese Unie (EU) sal Afrika-lande wat by oorloë betrokke is as laaste uitweg van alle ontwikkelingshulp uit die N$140 miljard-begroting van die Cotonou-ooreenkoms afsny, het dié ekonomiese magsblok gewaarsku.

- DIE identiteit van ’n bende wat verantwoordelik was vir die gewaagde transitorooftog van N$5,3 miljoen buite Windhoek verlede Vrydagnag word vandag openbaar gemaak by hul verskyning in die Kaapstadse landdroshof.

- ’n Verbod op die uitvoer van embrio’s uit Suid-Afrika weens bek-en-klou-seer in dié land en ’n wêreldrekordprys van N$200 000 wat pas vir ’n Namibiese Dorperram in Suid-Afrika betaal is, kan wêrelddeure vir Namibiese stoettelers oopmaak.

- Die Namibiese Rugby-unie beoog om in April 2001 die nasionale o.19-span in te skryf vir die o.19-wêreldbekertoernooi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!