20 jaar gelede
Maandag 26 November 2001
- Die nuwe internasionale realiteite na die terreuraanvalle van 11 September op Amerika moet deur Swapo in ag geneem word wanneer Namibië sy eie reaksie op terroristebedreigings op die land oorweeg, het President Nujoma gesê.
- Unita-soldate het krale van die inwoners van die Shamakwi-nedersetting in die Wes-Caprivi aangeval, vier mense doodgeskiet, ander met bajonette gesteek en eiendom gebuit.
- Namibië het nog ’n bokskampioen nadat Frans “Rambo” Hanthindi gister die Wêreld Boksvereniging (WBA) se vakante Afrika-weltergewigtitel gewen het.
Dinsdag 27 November 2001
- Geen bedrywighede wat verbind kan word met Osame bin Laden of sy al Qaeda-netwerk is nog in Namibië aangemeld nie.
- ’n Besending van meer as N$1 miljoen se onderdele sal binne die volgende 10 dae in Namibië aankom vir herstelwerk aan die ingevoerde Chevrolet-voertuie van die Regering.
- Naas onafhanklikwording en die aanvaarding van die Grondwet is die aankondiging dat President Sam Nujoma hom nie in 2004 herkiesbaar sal stel nie, die mees geskiedkundige gebeurtenis in Namibië se kort politieke bestaan.
Woensdag 28 November 2001
- Die Minister van Buitelandse Sake, Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Theo-Ben Gurirab, gaan voor die einde van die jaar stappe doen om te verseker dat die Namibiese Uitsaaikorporasie op die regte pad kom.
- ’n Gewilde nuwe bestemming in die suide van die land is vir die tweede keer vandeesmaand die twisappel in lugvaartkringe deurdat die Departement Burgerlugvaart Comav gister beveel het om sy daaglikse huurvlugte na Rosh Pinah en die Skorpionmyn summier op te skort.
- Beslag is gister op dwelmmiddels en gesteelde items in verskeie huise in Windhoek gelê nadat ’n mislukte huisbraak aanleiding tot die opsporing van versteekte gesteelde goedere gegee het.
Donderdag 29 November 2001
- Namibiese Burgerlugvaartwette kan binnekort in die hof aan ’n geskiedkundige toetssaak onderwerp word nadat ’n storm oor huur- en geskeduleerde vlugte na Rosh Pinah losgebars het.
- Met die nuwe onderwyswetsontwerp wat onlangs goedgekeur is en na verwagting eersdaags gepromulgeer sal word, is die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur oorgehaal om die nuwe akademiese jaar aan te pak sonder ’n herhaling van 2001 se onderwyskrisisse.
Vrydag 30 November 2001
- Blaam vir die mislukte landswye massa-aksie van 9 November deur die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) rus nou vierkantig op die skouers van die Regering.
- Die jongste banktegnologie gaan binnekort landswyd in die mees agtergeblewe en afgesonderde Namibiese gemeenskappe in werking gestel word nadat ’n geslaagde eksperiment deur Eerste Nasionale Bank (ENB) op Rosh Pinah voltooi is.
- ’n Swapo-lid van die Nasionale Vergadering (NV), mnr. Frans Basson, het die morele verval in die Namibiese samelewing gewyt aan die afskaffing van godsdiensonderrig in skole.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie