20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 17 November 1997

- Die volle waarheid oor astronomiese salaris- en vergoedingspakkette vir Ministers, Adjunk-ministers en ander politieke ampsdraers in die regering is uit!

- Die kollektiewe Namibiese leierskap se verantwoordelikheid is om oplossings vir probleme te vind soos die Plan-dilemma.

- Verblyftariewe by staatsbeheerde oorde sal van Januarie 1998 met 30 persent styg. Namibiërs sal egter 25 persent afslag kry.

- Skaars was die woorde van die Eerste Minister koud oor die NBC se onbevoegdheid of die staatsuitsaaier loop ook in die Parlement deur.

Dinsdag 18 November 1997

- Chaotiese toestande in die Polisie weens ’n gebrek aan fondse is gister deur die Minister van Binnelandse Sake en senior polisie-offisiere onthul.

- Gerugte oor gebeure agter die skerms in die omstrede hofgeding waarin Swapo dit reggekry het om wel aan die verkiesing vir ’n plaaslike bestuur op Rundu deel te neem, wil steeds nie gaan lê nie. Beweringe van regsverydeling en inmenging in die samestelling van die regbank wat die saak moes aanhoor, doen sedert die verrassende skikking die ronde.

- Die wyse waarop die Namibiese regering sy geldsake hanteer, word skerp gekritiseer deur die internasionale belegginsbank en aandelemakelaar HSBC Simpson McKie.



Woensdag 19 November 1997

- ’n Presidensiële aankondiging sal later vanoggend oor die uitstel of afstel van die komende plaaslike verkiesing moet beslis nadat alle aanduidings tot gisteraand nog was dat dié verkiesing voorlopig van die baan is.

- Vreemde politieke opportunisme het gister sy kop by die Windhoekse munisipaliteit uitgesteek toe die hoof- uitvoerende amptenaar, stadsklerk Vinson Hailulu, dit nodig gevind het om saam met politici in die kryt te klim.

- Bedrog en handelmisdrywe het die afgelope drie jaar skrikwekkend in Namibië toegeneem met altesaam 2 318 sake waarby N$122,3 miljoen betrokke was wat in dié tydperk by die handels-ondersoekeenheid van die Polisie aangemeld is.



Donderdag 20 November 1997

- Die verkiesing van plaaslike owerhede is uitgestel. Namibiërs sal nou eers teen middel Februarie aanstaande jaar geleentheid gegun word om die kandidate van hul keuse in die onderskeie plaaslike owerhede te kies.

- Die Minister van Omgewingsake en Toerisme, mnr. Gert Hanekom, het gister in die Nasionale Vergadering bekend gemaak dat die wetsontwerp op ’n staatslotery nou voorberei word.

- President Soeharto van Indonesië se tweedaagse staatsbesoek aan Namibië loop vandag ten einde. Die besoek word allerweë as ’n mylpaal in die betrekkinge tussen die twee lande bestempel en die vooruitsig vir verskeie nuwe samewerkingsooreenkomste het na vore gekom.



Vrydag 21 November 1997

- Politieke partye en verenigings het die uitstel van die verkiesing van plaaslike owerhede tot middel Februarie met gemengde gevoelens aanvaar. Baie tyd en geld is dusver bestee, maar terselfdertyd kan die verkiesing nou op die regte wyse aangepak word en meer aandag kan aan die werwing van ondersteuners geskenk word, was ’n algemene gevoel onder partye.

- Swapo-organiseerders het blykbaar vandeesweek pogings aangewend om die militêre basis op Oshakati as ’n platform vir hul verkiesingsveldtog te gebruik.

- Planne om ’n hoogs eksklusiewe private rusoord van miljoene dollars by Leeunes-Peninsula in die Etosha-wildtuin te bou, is gister uitgestel enkele dae nadat geslote tenders vir die projek gevra is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!