20 Jaar Gelede
Maandag 10 Januarie 2000
• In 'n eksklusiewe onderhoud Vrydagoggend het mev. Bidoin – ma van die drie jong kinders wat 'n week gelede in 'n hinderlaag op die pad tussen Katima Mulilo en Rundu koelbloedig deur 'n groep soldate afgemaai is – vertel haar oorheersende emosie in hierdie stadium is een van woede.
• Namibiërs word as huursoldate met die medewete van die Regering gewerf om teen Unita ingespan te word.
Dinsdag 11 Januarie 2000
• Angolese vlugtelinge, die meerderheid vroue en kinders, was soos hase in 'n kollig vasgevang toe 'n sesjarige Angolese kleuter van wie die pa 'n Namibiër is, in 'n volskaalse aanval deur die Namibiese Spesiale Veldmag op die groepie weerloses op die terrein van 'n lodge met haar lewe geboet het.
• 'n Dringende beroep is vandeesweek in Kaapstad gedoen om Namibië te verlos uit die verknorsing waarin hy hom bevind.
Woensdag 12 Januarie 2000
• “Die Regering weet nie wat aangaan nie. 'n Hoëvlak-ondersoek sal bevestig dat 'n uiters onstabiele veiligheidstoestand heers en dat Namibiërs as huursoldate van Fapla opleiding ondergaan het.”
• 'n Deurbraak-transaksie met 'n internasionale finansierder in Londen was 'n Kerskous gestop met 'n besparing van sowat N$207 miljoen vir Air Namibia op die koopsom van sy nuwe Boeing 747-400 Combi, die Welwitchia.
• Terwyl die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) in felheid toeneem, wil dit voorkom of die hoop van die internasionale gemeenskap op 'n buitengewone sitting van die Verenigde Volkeorganisasie (VVO) se Veiligheidsraad oor die beëindiging van die oorlog beskaam gaan word.
Donderdag 13 Januarie 2000
• Wedersydse betrekkinge tussen Namibië en China is gister verstewig toe die Chinese minister van buitelandse sake, mnr. Tang Jiaxuan, en 'n hoëvlakse Chinese afvaardiging in Windhoek aangekom het vir samesprekinge met die Namibiese owerheid.
• Onderwys in Namibië is die jongste slagoffer van die militêre spanning in Kavango met die onttrekking van noodlenigingswerkers deur die internasionale gemeenskap uit dié streek.
• 'n Ondersteunersdrukgroep van die DTA van Namibië eis besinning en die hersiening van die party se lys van verteenwoordigers in die Nasionale Vergadering (NV) op grond van die vertoningslys van kiesers die afgelope nasionale en presidentsverkiesings.
VRYDAG 14 Januarie 2000
• Die Aranos-nedersetting huiwer opnuut op die rand van 'n rassekookpot ná 'n twee dae lange orgie van anargie en die beleg van die enigste vulstasie waarin bejaardes die eerste slagoffers van straatgeweld geword het.
• Die langverwagte plaaslike rentekoersverlaging van 1% gaan moontlik voor einde vandeesmaand deur handelsbanke in Namibië aangekondig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie