20 Jaar Gelede:
20 Jaar Gelede:

20 Jaar Gelede:

Karin Eloff
Maandag 17 Maart 1997:

- Die vreugdevure het gisteraand hoog in Windhoek gebrand toe die Namibiese nasionale sokkerspan sy eerste wedstryd in die Castle-bekertoernooi teen Zimbabwe met 2-1 gewen het.

- ’n Beplande eetstaking van minstens 249 verhoorafwagtendes begin vanoggend in die Windhoekse Gevangenis.

- Doeane-beamptes en die Polisie in Windhoek het beslag gelê op drie skeephouers vol tekstielware nadat ’n bedrogskandaal met rabatheffings van die Doeane-unie in Durban blootgelê is.

Dinsdag 18 Maart 1997:

- Ongeag die Bybelse waarskuwing teen diefstal het ’n priester van die Kerk van Engeland Saterdag ’n oproer veroorsaak toe hy gesê het dat dit nie ’n sonde is om ’n winkel te besteel nie solank dit ’n supermark is.

- Paaie is feitlik onbegaanbaar en vol riviere het ’n onbekende aantal stuks vee meegesleur toe ’n wolkbreuk die afgelope naweek in die driehoek tussen Mariental, Brukaros en Helmeringhausen vernietiging gesaai het.

Woensdag 19 Maart 1997:

- Bespiegeling dat die President,mnr. Sam Nujoma, nie aan die einde van sy huidige ampstermyn gaan uittree nie, maar wel ’n derde termyn kan dien, het deur die toedoen van Swapo-veterane op die party se komende kongres-agenda beland.

- ’n Militêre dienspligstelsel vir Namibië het gister in die Parlement op die voorgrond beland as ’n moontlike oplossing vir verskeie van die land se knellendste vraagstukke.

- NamPort het die afgelope jaar sowat N$20 miljoen bestee aan masjinerie, wat een van die grootste hyskrane op die vasteland van Afrika insluit, om Walvisbaai se hawe voor te berei vir die strategiese rol wat dié hawe in die toekoms in die ekonomiese ontwikkeling van Suider-Afrikaanse lande gaan speel.

Donderdag 20 Maart 1997:

- Die Namibiese regering het gister nóg N$4,5 miljoen uit die staatskas op sy verkiesingswenperd, die voormalige Plan-lede, verwed.

- ’n SWAPO-parlementariër, me. Ellen (Mushelela) Limbo, het ’n klag van aanranding, die gebruik van haar voertuig sonder haar toestemming en betreding teen haar liefman gelê.

- SWAPO gaan uit sy pad om die idee by kiesers te vestig dat die Regering en Swapo een en dieselfde is. Hy het in so ’n mate daarin geslaag dat Regeringsvoertuie misbruik word omdat voertuie met groen nommerplate beskou word as “Swapo-voertuie”.

Sondag 23 Maart 1997:

- Die staat se skuld van N$1 330 746, 43 vir krag en water aan die munisipaliteit van Mariental kan hoër tariewe op gewone inwoners afdwing.

- Die stryd tussen geneeshere en die regering se mediese fonds rol nou voort met dokters wat dreig met eenheidsoptrede en verwyte dat die staat kontrakbreuk gepleeg het. ’n Geringe verbetering met agterstallige uitbetalings het glo wel ingetree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!