20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 8 September 1997

- Die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers (Napwu) het Saterdag aangedring op ’n totale kabinetskommeling omdat die elite in die Regering “hulleself verryk en poog om dit oornag te doen”.

- ’n Uiters ongunstige eiendomsmark en wanbetalers vir munisipale dienste word voorgehou as sondebokke vir die kontantvloeiprobleme van die Windhoekse munisipaliteit.

- Die nuwe Republikein 2000 wat op 1 September met die eenwording met Tempo in ’n nuwe gewaad in Namibiese huishoudings kom nesskop het, doen sy belofte gestand.

Dinsdag 9 September 1997

- Padbouers by Jakkalsputz gaan waarskynlik vandag versoek word om as begrafnisondernemers op te tree om van ’n gewigtige lyk op die gewilde strandoord ontslae te raak. Gisteraand was daar nog nie raad met die dooie walvis wat gister daar uitgespoel het nie.

- Anargie heers in Namibië nadat die polisie sedert Vrydag weier om ’n bevel van die Hooggeregshof by Meatco se Windhoek-aanleg af te dwing.

Woensdag 10 September 1997

- Senior en junior personeel van Newport (Edms) Bpk., onder wie ’n voorbok van ’n beweerde piramied-skema, Martin Bradley, is gistermiddag en gisteraand in die middestad van Windhoek deur lede van die polisie se Spesiale Tak vir Ernstige Misdrywe in hegtenis geneem.

- Konstruksiekoste om die westelike verbypad by die Trans-Kalahari-hoofweg te laat aansluit, kan die Namibiese Regering tussen N$80 en N$150 miljoen kos as besluit word om met die projek voort te gaan.

- Die kanse is uiters skraal dat mense geld gaan terugkry wat hulle by die sogenaamde Selfhelp Investment and Societies Company belê het.

Donderdag 11 September 1997

- Die toerismebedryf is gister tot stilstand geruk toe sowat 90% van die werknemers by oorde met ’n tweedaagse staking begin het.

- Die koop van ’n nuwe straalvliegtuig vir pres. Sam Nujoma is opnuut in omstredenheid gedompel. Dit behels ’n geheimsinnige besoek deur Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, aan Chicago in die VSA en die kansellasie van ’n tender wat reeds in Februarie vanjaar gesluit het.



Vrydag 12 September 1997

- Selfs bestuurslede het ingegryp en verrottende karkasse uit die fabriek verwyder toe die nie-stakende salariskomponent van Meatco in Windhoek gister toegelaat is om hul werk te hervat.

- Bykomende begroting vir die 1997/98-boekjaar sal in Oktober, een maand vroeër as verlede jaar, deur die minister van finansies, mnr. Nangolo Mbumba, in die nasionale vergadering ter tafel gelê word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!