20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 30 Augustus 1999

• Gewapende roof, diefstal, aanranding en verkragting was die afgelope naweek weer aan die orde van die dag – minstens twee mense is ernstig beseer en van etlike duisende dollar beroof.

• Die omstrede dr. Wouter Basson wat in Suid-Afrika tereg staan op 64 aanklagte waaronder same­swering om 200 Swapo's destyds hier te vermoor, het die eerste rondte in 'n regstryd gewen.



Dinsdag 31 Augustus 1999

• Die Taakmag van die Polisie en lede van die Weermag is gereed om orde te handhaaf wanneer die munisipaliteit van Swakopmund van môre af 'n besluit gaan afdwing dat 'n geskatte driehonderd tot vierhonderd plakkers by die enkelkwartiere in die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund moet opruim en trek.

• Geldskieters wat platsak Namibiërs uitbuit deur hemelhoë rente op kontantlenings te hef, se dae is getel.

• Die heronderhandeling van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) hou katastrofiese gevolge vir die Namibiese vleisbedryf en die plaaslike ekonomie in sy geheel in.



Woensdag 1 September 1999

• Die eerste van 'n reeks sleutelmarkte vir die Kudu-gasbron is binne die bereik van die ontwikkelaars nadat Shell Suid-Afrika en die sewe Metropolitaanse Plaaslike Owerhede van die Kaap 'n ooreenkoms van voorneme onderteken het.

• Reuse vraagtekens hang nog oor die presiese omvang van menseregteskendings in die nadraai van die mislukte Caprivi-opstand.

• Hardnekkige gerugte dat die pompe wat water uit die TCL-myne hou aan die einde van die week weens stygende onderhoudskoste afgeskakel gaan word en 'n ramp kan veroorsaak, is gister ontken midde nuwe wendings in die voortslepende myndrama.



Donderdag 2 September 1999

• 'n Speelgoedpop waarvan die ledemate afgesny en die liggaam bloedrooi geverf is in 'n pakkie, was die laaste strooi ná vier weke van teistering vir 'n Deense hulpbystandsgroep in Windhoek.

• 'n Demonstrasie in opruimingsgeweld deur die munisipaliteit van Swakopmund het gister die plakkers van Mondesa vinnig die moontlikheid van trek laat oorweeg.

• Die eerste Namibiese soldate kan voor Kersfees tuis wees ná meer as 'n jaar van oorlog in die Demokratiese Republiek van die Kongo.



Vrydag 3 September 1999

• 'n Lid van die Namibiese weermag wat by die Caprivi Bevrydingsleër aangesluit het, is een van drie separatistiese rebelle wat gisteroggend in 'n skermutseling tussen rebelle en lede van die Namibiese veiligheidsmag in Caprivi doodgeskiet is.

• Betogings en protesaksie dreig teen die Verkiesingsdirektoraat weens beweerde onreëlmatighede met die aanstelling van meer as 6 000 tydelike werkers met die oog op die algemene en presidentsverkiesing later vanjaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!