20 jaar gelede
Maandag 21 Augustus 2000
- Toenemende verdeeldheid heers in Kavango-gemeenskappe rondom die doeltreffendheid van die veiligheidsmagte midde ’n verskerpte landmynoorlog in dié streek.
- Air Namibia het ’n besondere deurbraak gemaak en ’n nuwe tydvak ingelui op een van die vasteland se mees belowende vragroetes ingevolge ’n ooreenkoms met Uganda Airlines Holdings.
- Die vinnigste man in Afrika en Namibië se Olimpiese trots, Frank Fredericks, is slaggereed vir Sydney.
Dinsdag 22 Augustus 2000
- Vier bankrowers wat gister op Mariental in ’n waaghalsige rooftog met N$78 640 op die vlug geslaan het, is tien minute later deur flinke polisie-optrede en inwonersingryping aangekeer.
- ’n Ernstige vraagteken hang oor die toepassing van die Regering se grondbeleid nadat aan die lig gekom het dat ’n senior Swapo-parlementslid een van die staat se spogplase in die Suide gaan koop.
- Bouwerk aan die nuwe Goreangab-waterherwinningsaanleg van bykans N$100 miljoen vorder fluks, ongeag ’n vertraging in konstruksie.
Woensdag 23 Augustus 2000
- Ligte reën het gister oor dele van Windhoek en die sentrale binneland uitgesak – ’n moontlike voorspel tot ’n vroeë reënseisoen.
- ’n Opbloei in toerisme in Caprivi en Kavango is die klaarblyklike gevolg sedert sake-ondernemings en die toerismebedryf eiehandig ’n aggressiewe bemarkingsveldtog getiteld Die Vergete Juweel van Namibië geloods het om verdoemende publisiteit oor die veiligheidsituasie in die gebied teen te werk.
- Voorbereidings op die uitlewering van 15 vermeende Caprivi-rebelle deur die Botswana-regering sal eersdaags op die spits gedryf word wanneer ’n hof in Botwana die uitleweringsaansoeke aanhoor.
Donderdag 24 Augustus 2000
- Die lughawe Eros word aanstaande maand die speelveld van een van die taaiste stryde in die geskiedenis van Namibiese lugvaart wanneer twee lugrederye mekaar trompop gaan loop in ’n geveg om die besit van een van Suidelike Afrika se belowendste roetes vir sakelui.
- ’n Sake-ontwikkeling van meer as N$100 miljoen by Maeruapark-kompleks kan die dood van minstens twee ander voorgestelde projekte aan die buitewyke van Windhoek beteken.
- ’n Omvattende konferensie wat toerisme-promosie ten doel het, gaan volgende jaar in Namibië aangebied word.
Vrydag 25 Augustus 2000
- Onmin in die geledere van die nuut aangewese direksies van Telecom en NamPost het gister die intrapslag van dié rade se werksaamhede gekenmerk.
- Die Namibiese Regering verwelkom die besluit van die president van die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), mnr. Laurent Kabila, om VVO-vredesmagte in regeringsbeheerde gebiede toe te laat.
- Die tweede vyfjaar-ontwikkelingsplan van die Keetmanshoopse onderwysstreek wat weens ’n gebrek aan oorlegpleging met plaaslike betrokkenes in omstredendheid gedompel is, is oplaas na die streek terugverwys om dié gebrek uit die weg te ruim.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie